Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
‘Ons harte breek oor Australië'
’n Verskroeide sonneblom is al wat oorgebly het van Casey Kirchoff se tuin in Wingello, ’n dorpie in die Australiese staat Nieu-Suid-Wallis.Foto: AP

Sowat R9 893 277 is binne vier dae ingesamel vir die mediese versorging van wild – en veral die beseerde koalas en kangaroes – op Kangaroe-eiland suid van Australië. Die geld is deur 7 670 mense van oor die wêreld heen geskenk.

Die brande op Kangaroe-eiland het groot dele van sensitiewe ekostelsels uitgewis. Dit is onseker hoe die brande op Kangaroe­-eiland ontstaan het omdat dié gebied in die Indiese Oseaan sowat 112 km van Adelaide in Australië in die Indiese Oseaan geleë is.

John Englart, ’n omgewingskenner van Victoria in Australië, het gister gesê die weermag het veeartse en verpleegsters na Kangaroe-eiland gestuur om met die versorging van beseerde diere te help. Sowat 25 000 van die 50 000 koalas op dié eiland het vermoedelik verkool toe veldbrande vroeër vandeesweek ook hier uitgebreek het.

’n Tydelike hospitaal en hulpsentrum vir koalas en ander beseerde wild is in die Kangaroo Island Wildlife Park opgerig. Dana Mitchell, een van die organiseerders by die hulpsentrum, het gister in ’n verklaring op Twitter gesê werkers het hul hande vol.

“Ons probeer hierdie brandslagoffers na die beste van ons vermoë help. Ons gee hulle pynstillers, antibiotika en ons verbind hul wonde. Hier is nou 110 diere met brandwonde. Dit lyk asof hierdie hospitaal binnekort te klein gaan wees omdat beseerde koalas nog uurliks hier ingedra word.”

Sy skryf die helpers het dringend melk vir die koalas nodig.

Mitchell se verklaring is op die Twitter-profiel van sen. Sarah­ Hanson-Young van die Australiese Green Party geplaas.

Kapt. Dave Soldavini, ’n brandbestryder, hou ’n klein kangaroe vas wat gered is uit die veldbrand in Cobrunga, Australië.Foto: AP

Sy skryf die helpers het dringend melk vir die koalas nodig. “Ons werk 24 uur per dag. Die meeste van die diere het beserings aan die pote en maag.”

Die nieregeringsorganisasie Animals Australia het gister in ’n twiet gesê dié organisasie se hart is gebreek.

“Ons harte breek terwyl ons toekyk hoe ons pragtige land voor ons oë tot ’n ashoop verbrand. Ons harte is stukkend oor al die diere wat nie ’n kans op oorlewing gehad het nie: die beeste, skape, perde, hoenders en bokke. Die omvang van die lyding wat hierdie vernietigende veldbrande veroorsaak het, is onbeskryflik. Ons het nog nooit so iets gesien nie.”

’n Tydelike “hospitaal” met opslaanbeddens is in die gimnasium van ’n laerskool in Ade­laide ingerig.

Honderde beseerde koalas en ander wild word daar be­handel en dié organisasie soek dringend na mense om te help met die versorging van beseerde diere.

Die Wêreldnatuurfonds (WWF)-Australië sê dié verlies van sowat 1,25 miljard stuks wild is hartverskeurend. Benewens koalas, die ikoon van Au­stralië, sluit dit ander endemiese spesies soos kangaroes, voëls soos kokketiele en byevreters, ’n soort sangvoël, in. Daar is ook wallaby’s (’n kleinerige spesie wat verwant is aan die kangaroe) en muisagtige

Elise Tempelhoff

spesies wat vermoedelik nou uitgewis is. “Australië is ’n land wat bekend is om sy veldbrande. Hierdie seisoen se mega-brande is nie normaal nie. Klimaatsverandering veroorsaak nie veldbrande nie, maar dit maak dit net soveel erger.

“WWF-Australië is betrokke by planne om die verliese te verdiskonteer en te help met die opbou van die land.

“Ons sal ook ’n wetenskaplike verslag saamstel oor die verlies aan wild en doen ’n beroep op die regering om die omvang te help bepaal van bedreigde spesies wat in gebiede voorgekom het waar brande woude vernietig het.”

WWF-Australië het onderneem om, sodra die brandseisoen verby is, die koalas en ander wild se habitat te help herstel deur die aanplant van 2 miljard inheemse bome in die volgende tien jaar.

Die eerste 10 000 bome sal in ’n kritieke koala-habitat aangeplant word.

Die organisasie sal ook toesien dat die A$2 miljard wat die regering beskikbaar gestel het om die uitwerking van die brande teen te werk vir “groen herstelplanne” gebruik word.

Meer oor:  Elise Tempelhoff  |  Veldbrande  |  Australiese Brande  |  Natuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.