Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ons harte, lewe steeds oop vir ander

Toe tref ’n reusehongersnood Judea rondom 44 n.C. Handelinge 11:27-30 verwys daarna, asook die geskiedskrywer Flavius­ Josefus. Hy vertel koningin Helena van Adiabene het massas gedroogte vye uit Ciprus en koring uit Egipte na Judea gestuur. Handelinge 11 vertel plaaslike Christene in Antiogië het hul harte en lewe oopgegooi vir Jerusalem. Hulle het Paulus met geld en kos soontoe gestuur.

Hongersnood was volop in die 1ste eeu. Ons weet van minstens 12 plaaslike gevalle in die Romeinse Ryk van 40 n.C. tot 57 n.C. In sulke tye was graanpryse tot 13 keer hoër­. Die Romeinse dokter Galenius vertel mense het boomtakke, blare, boomwortels, insekte en gekookte gras geëet.

’n Reusepandemie het ook die Romeinse Ryk van 165 n.C. tot 180 n.C. getref, vermoedelik masels of waterpokkies. Meer as 5 miljoen mense het gesterf.

Ten tyde van rampe en pandemies het Christene hulle graag ontferm oor hongeres, siekes en sterwendes. Baie gelowiges wat siekes ingeneem het, het gesterf. Nogtans is derduisende mense se lewe gered.

Nou is ons weer in die greep van ’n wêreldwye pandemie. Covid-19 saai paniek. Hoe gemaak? Wel, ons tref die regte voorsorg, maar ons vlug nie. Ons kies nie vir “sosiale afstand” nie. Ons weet die regte term is “fisieke afstand”. Ons harte en ons lewe is steeds oop vir ander. Ons deel graag ons geld, kos, gebede en hulp in Jesus se Naam.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Menings  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.