Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ons het nóg sporthelde en -rolmodelle nodig
Philda Essop

Sedert die Springbokke net ’n bietjie langer as ’n week gelede stof in oë geskop het van ander rugbyspelende nasies en die derde keer as rugbywêreldkampioene gekroon is, is daar ’n duidelike nuwe soort samehorigheid onder landsburgers te bespeur.

Die Bokke se verowering van die Webb Ellis-trofee in Japan het die kollig weer eens op rugby in die land geplaas, en daarmee saam die mag van sport om mense bymekaar te bring weer beklemtoon.

Sport is die figuurlike gom wat Suid-Afrikaners kan verenig.

Dít blyk duidelik uit die wyse waarop swart en wit verlede week hul Bok-helde eers op die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg luidkeels in hul Springboktruie en met landsvlae terugverwelkom het.

Later op hul pronkparades in ander dele van die land, soos gister ook in Kaapstad, was Suid-Afrikaners se trots op die span amper tasbaar en oor die hele spektrum verenig agter die span.

Adj.pres. David Mabuza het dit raak opgesom toe hy verlede week vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord het. Hy het die Springbokspan bedank omdat hulle Suid-Afrika daaraan herinner het dat ons ’n reënboognasie is.

Maar wat gebeur nou dat die Springbokke se pronktoer deur die land verby is en ons terugkeer na ons dagtake.

“Ons wil aan die Springbokke sê dankie dat julle die beker huis toe gebring het. Dankie dat julle ons verenig het. Dankie dat julle ons gees gelig het . . . positiwiteit getoon het waarna ons almal smag namate ons al ons uitdagings takel. Dankie dat julle ons daaraan herinner het dat ons steeds ’n reënboognasie is,” het hy gesê.

Maar wat gebeur nou dat die Springbokke se pronktoer deur die land verby is en ons terugkeer na ons dagtake. Hoe lank gaan die samehorigheid hou? Die volgende Wêreldbekerrugbytoernooi is eers weer in 2023.

As rugby dié uitwerking op ons het en ons op dié manier kan verenig, maak dit nie sin dat die land meer klem plaas op die bevordering en ontwikkeling van sport op ’n veel groter skaal nie? Verskillende ander sportkodes soos sokker, krieket en atletiek kan ook mense verenig. Dit is reeds die geval, maar dit moet op ’n veel groter skaal plaasvind.

Nuwe, positiewe rolmodelle word deur sport geskep.

Ek is seker dat as die SAUK nie die laaste twee wedstryde van die Wêreldbekerrugbytoernooi uitgesaai het nie, sou die nuwe nasionale helde soos Siya Kolisi, Makazole Mapimpi, Lukanyo Am, Handré Pollard, Pieter-Steph du Toit en Cheslin Kolbe se name nie eens aan die meerderheid kinders bekend gewees het wat nie gewoonlik toegang tot betaaltelevisie het nie.

Om dus te voorkom dat wanadministrasie en korrupsie nasionale sportsoorte word, moet die regering begin om op groot skaal in sportontwikkeling in townshipskole belê.

Dit sal ook ’n positiewe teenvoeter vir al die maatskaplike probleme help wees. Dink net hoeveel ander helde en rolmodelle geskep kan word deur middel van sport.

Die euforie wat geskep is deur die Springbokke se sege en Suid-Afrikaners van alle rasse wat hul pronkparades landwyd bygewoon het, is dalk ook tekenend daarvan dat gewone Suid-Afrikaners moeg is van verdelende uitsprake van politici soos dié van die EFF.

  • Essop is ’n politieke joernalis by Netwerk24.
Meer oor:  Philda Essop  |  Wb  |  Bok-Sege
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.