Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ons is nie God se probleemgevalle nie

Daar het nie ’n Sondag in my skooljare verbygegaan nie of ek moes in die kerk hoor ek oortree God se wet.

Sonder uitsondering moes ek elke week groot askies gaan sê. “Guilty as charged, your Honour!”

Later het ek regtig begin glo ek is tot niks goeds in staat nie en tot alle kwaad geneig, soos wat ’n kerklike formulier in daardie dae dit ook uitbasuin het.

Genadiglik het ek later ontdek dat Paulus en ander Bybelskrywers nie hierdie eensydige idee deel dat ons as gelowiges niks goeds kan doen vir die Here nie.

Inteendeel, ons kan.

Nee wag, ons moet, aldus Matteus 5:17-20!

In Romeine 8:4 sê Paulus dat die Gees ons lei om aan die eise van God se wet te voldoen. In my eie klein hervorming het ek algaande ontdek God hou regtig van ons. Ons is nie sy voltydse probleemgevalle nie; ons is sy geliefde kinders.

Jesus het die hemelse prestasiemeting namens ons geslaag. Nou is ons in die Here se goeie boekies. Hy wag ons nie meer op Sondae in met ’n prestasiemeting-oefening wat ons by voorbaat gaan druip nie.

Jesus is ons voltyds hemelse Pleitbesorger, soos wat 1 Johannes 2 leer. Die vonnis is af. Die pad is gelyk.

Nee, ons het nie ’n gratis sonde-permit nie. Inteendeel, maar God se Gees is by ons. Hy lei ons weg uit ons eie donkerte. Hy lei ons in die Lig. Hy maak ons vry.

Meer oor:  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.