Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ons lywe is nie ons s’n

Wanneer ons sê dat ons in die Here glo, dan het dit implikasies. Dit beteken ons behoort nie meer aan onsself nie. Ons is Syne. Ons lewe is nie meer ons s’n om hiermee te maak wat ons wil nie.

Ons kan nie dink wat ons wil, doen wat ons wil en sê wat ons wil nie. Ook geld dit vir ons liggaam. Paulus skryf in 1 Korintiërs 6 dat ons lyf opgekoop is deur Christus. Ons kan dit nie deel met ander soos wat ons wil nie. Ons kan nie deelneem aan seksuele eskapades soos wat dit ons pas nie.

Seksualiteit is ’n hemelse geskenk, maar hierdie geskenk moet reg gebruik word. Dit vra dat ons moet weet ons liggame en ander mense s’n is heilig. Dit mag nie geskend word deur ons selfsugtige drange en begeertes nie. Seksualiteit, die regte soort, vra om respek. Dit vra om intimiteit met ons lewensmaat. So nie, gaan alles maar net oor rowwe begeertes wat bots met God se hart. 

Meer oor:  Seks  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.