Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ons morsige Afrikaans gaan taal nié red
Johan van Wyk

Teen die agtergrond van die, om dit sagkens te stel, onseker toekoms van Afrikaans moes die viering van 80 jaar van Afrikaanse radio besorgde mense laat wonder het hoe sake oor nog 80 jaar sal staan.

Sal Afrikaans nog ’n plek hê? Hoe gaan gesproke Afrikaans klink? Sal Afrikaanse radio nog bestaan? Hoe gaan Suid-Afrika in die jaar 2097 lyk?

My antwoord sal dié wees van ’n vriendin, Margaret Thom van Groot Brak. Wanneer knellende vraagstukke in ’n gesprek te berde kom sal sy met ’n gelate handgebaar sê: “I don’t know!” Dit het intussen ’n gesegde geword.

Ek twyfel selfs of die “toekomskundiges” (van wanneer af is dit dan ook ’n werk?) ons sal kan sê. As jy my vra, weet net een Onbegryplike Wese, en ons weet almal wie dit is.

Soos Lewies Draaikraal op sy bruilof gesê het: “Ek het besluit om my toespraak ’n saak tussen my en die Here te maak, maar nou weet die Here alleen wat ek wou gesê het”. Toe het hy gaan sit. Die verbaasde gaste het hom toegesing: “How the hell can we believe you!”

Wat ek wel weet, is dat ’n onaangename verrassing (nie oor 80 jaar nie, maar in die nabye toekoms) wag op die naïewe, goedgelowige optimiste wat glo en verkondig dat ons niks te vrees het nie. Volgens hulle sal Afrikaans voortbestaan en selfs gedy solank as dit gepraat word.

Regtig? Glo hulle ook aan die tandemuis en dat die maan van kaas gemaak is?

Ek kan onthou dat hierdie idealistiese, maar onwetenskaplike, vals siening ook in die aanloop tot die oorname in 1994, toe daar ernstige kommer oor Afrikaans se toekoms was, met groot bravade verkondig is. Nogal deur bekende Afrikaanse skrywers, digters, letterkundiges, taalgeleerdes, kunstenaars en natuurlik politici, die groot eksponente van die kuns van die moontlike, die leuen.

As dit is hoe Afrikaans in die toekoms gebesig gaan word, gaan ek leer Engels praat en net in Afrikaans bid.

Die waarheid is dat ten spyte daarvan dat ’n paar miljoen mense dit sedert die oorname in 1994 aanhou praat het, Afrikaans se posisie as akademiese en saketaal, sedertdien dramaties verswak het. Die ironie is dat dit met hulp en ondersteuning uit Afrikaanse geledere bewerkstellig is. ’n Nog groter ironie is dat dit wat veronderstel was om Afrikaans lewendig te hou, naamlik om dit te praat, nog nooit so morsig gedoen is soos in die afgelope 23 jaar nie.

As dit is hoe Afrikaans in die toekoms gebesig gaan word, gaan ek leer Engels praat en net in Afrikaans bid.

Ek het my dit voorgeneem toe RSG (nie heeltemal kwyt te skel van hierdie simptoon nie) grepe uit die SAUK se argiewe met die viering van 80 jaar van Afrikaanse radio uitgesaai het. Die suiwer, keurige, welluidende Afrikaans van 50, 60 jaar gelede het my opnuut inspireer om dit na te streef.

Ja, ek weet ’n taal is nie staties nie. Maar wanneer het ons dan so loslit en so slapgat geword?

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  Taal  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.