Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ons plekke van aanbidding

Die aanval op die Al Noor-moskee in Christchurch, Nieu-Seeland, asook die aanval op ’n Kanadese Rooms-Katolieke priester, Claude Grou, het nie net skokgolwe deur die wêreld gestuur nie, maar dwing ons om oor die veiligheid van ons aanbiddingsplekke te dink.

Meer nog, dit laat die vraag ontstaan hoe mense die rol van aanbiddingsplekke verstaan. Kerke, moskees, sinagoges of tempels is waar mense sonder dwang byeenkom om hul God te eer, die inhoud van hul godsdiens te leer, en aanhangers gehelp word om dit op ’n gesonde en menswaardige wyse te beliggaam.

Godsdiens het ten doel om mense met heiligheid, vroomheid en met die hoogste agting vir God te laat leef.

Dit wil ons ook help om ons menslikheid te ontdek, sodat ons alle mense – ongeag godsdienstige oortuigings, politieke affi­liasies of ekonomiese, kulturele en seksuele oriëntasies – te sien en behandel as ons naaste.

Aanbiddingsplekke, waar godsdiens geleer en beoefen word, het ’n besonderse bydrae te lewer tot die vestiging van vrede, om godsdienstige verdraagsaamheid te versterk en sosiale eenheid te bewerkstellig.

Die stryd teen apartheid, waarin godsdienstige gemeenskappe ’n groot rol gespeel het, is ’n duidelike bewys van die rol en impak wat sulke gemeenskappe het.

Vanuit ’n Christelike oogpunt moet ons erken die kerk se hande is nie skoon nie, want daar was ’n tyd toe die kerk in die naam van God mense onderdruk en selfs doodgemaak het.

Vanuit ’n Christelike oogpunt moet ons erken die kerk se hande is nie skoon nie, want daar was ’n tyd toe die kerk in die naam van God mense onderdruk en selfs doodgemaak het.

Dank God vir die hernude bewustheid van die kerk en ander geloofsgemeenskappe om mense se menswaardigheid en menseregte ten minste te erken. En dat daar mense is, soms in die minderheid, wat deur hul godsdienstige oortuigings aanhou en selfs verder gaan om die inklusiewe, gasvrye en omarmende rol van die kerk lewend te hou.

Naas die huisaltaar is aanbiddingsplekke die een plek waar mense se godsdienstige opvattings getoets, gereguleer en gevorm word.

So ook is aanbiddingsplekke die arena waar mense se morele waardes en karakter ten goede gesterk en selfs getransformeer kan word om agente van die waardes en deugde te wees wat vrede, medemenslikheid, respek, verdraagsaamheid, naasteliefde en verantwoordelike burgerskap bevorder en beliggaam.

Geen godsdiensgroep kan hom daarop roem dat hy perfek is of aanspraak daarop maak om alleen die volle waarheid te hê nie. Tog kan geen gemeenskap bekostig om sonder aanbiddingsplekke te wees nie.

Dus moet alle godsdienste en mense van alle godsdienste hande vat om enige aanval op enige aanbiddingsplek te voorkom en veroordeel, ter wille van die hoop wat dit inhou.

Dr. Katts is die voormalige moderator van die Volkskerk van Afrika.

Meer oor:  Donald Katts  |  Moskee  |  Kerk  |  Moslems
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.