Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ons verstaan beginsel van ‘gestraf met jou leiers’ . . .
Barnard Beukman

Dat God soms ’n nasie met leiers straf (’n vry vertolking van Johannes Calvyn se woorde), is waarskynlik iets waarmee Suid-Afrikaners tans kan identifiseer.

Met die ANC se leierskonferensie wat oor net meer as 70 dae begin, is die vraag wat ’n goeie uitkoms vir Suid-Afrika sal wees wat die politieke leierskorps van alle partye betref.

Vir stabiliteit, wat gekry moet word uit beter ekonomiese groei en doeltreffende dienslewering, sal ’n ordelike ANC-konferensie wat die regte leiers kies ’n groot hupstoot wees. In Cyril Rama­phosa. Uit NDZ. Zweli Mkhize – in die konteks dat hy luidens berigte skielik die gunsteling van die omstrede premiersliga is – liewer nie. Want wat moet hy nie alles daar belowe nie – ’n aanbod wat Rama­phosa klaarblyklik reeds van die hand gewys het.

’n Sogenaamde eenheidsfront, wat alle ANC-faksies verteenwoordig, liefs ook nie. Want dit gaan ’n kunsmatige skuif wees wat die koning in skaak plaas. Min gaan gebeur van wat nodig is vir goeie regering en die toesmeer van korrupsie gaan deel van die ooreenkoms wees. Die organisasie kort ’n skoon breuk. Of dit enigsins haalbaar is, gaan ons oor sowat 75 dae weet.

Die belangrikste opposisiepartye se projek van groot momentum wat hulle opgebou het ná oomblikke soos die verowering van die metropole Nelson Mandelabaai, Johannesburg en Tshwane, asook die laaste wantrouemosie in pres. Jacob Zuma, lyk skielik asof dit ’n windstilte getref het. Binnegevegte in hul koalisies en beskuldigings van korrupsie teen mekaar in die DA is van die oorsake.

Watter een kan die meeste kiesers waarskynlik min skeel. Hulle soek ’n bekostigbare en doeltreffende staatsdiens wat die land se probleme kan takel – en sinvolle staatsmanskap.

Die DA het sy handelsmerk gebou om skoon, doeltreffende regering en kan juis daarom die minste genade van alle partye daaroor verwag. Hoe die party dit hanteer, sy verhouding met koalisievennote herstel en individuele kruistogte hokslaan wat die party se leierskap en aansien ondermyn, is die toets.

Kleiner partye, soos die UDM, die EFF en die VF Plus sal keer op keer moet bewys dat hulle stabiele koalisievennote is en dat Suid-Afrikaners dit gaan waag om – soos in die metropole – ook op nasionale vlak enige party van ’n volstrekte meerderheid te ontneem.

Daar is vier moontlik uitkomste in 2019: Die ANC wen weer; die ANC tree in koalisie met een of meer ander partye; ’n opposisiekoalisie vorm; of ’n koalisie van nasionale eenheid wat bykans alle partye insluit, kom ­byeen.

Watter een kan die meeste kiesers waarskynlik min skeel. Hulle soek ’n bekostigbare en doeltreffende staatsdiens wat die land se probleme kan takel – en sinvolle staatsmanskap.

En in die aftel na die verkiesing in 2019 gaan hulle besluit wie gestraf en wie gesteun moet word by die stembus.

  • Beukman is redakteur van Beeld.
Meer oor:  Adj.Pres. Cyril Ramaphosa  |  Barnard Beukman  |  Leiers  |  Kommentaar  |  Rubriek  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.