Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se verlies het net te groot geword vir die nasionale huishouding se beursie. Ons wil die lugdiens nie meer hê nie, want ons het dit gewoon nie meer nodig nie.

Barnard Beukman
Tito Mboweni, minister van finansies, is lank gelede al deur die ANC-koukus gerepudieer toe hy in New York gevra het die SAL moet sluit. Ironies is dit een van sy kabinetskollegas wat van hom verskil oor die privatisering of sluit van staatsinstellings, Pravin Gordhan, wat in ’n klaarblyklike meningsverandering sopas self in New York sy beskerming oor die lugdiens as onaanraakbaar opgehef het. Hy het duidelik sy aptyt vir blote bestuursingryping verloor.
Die storie van menige ontleder dat ons “ter wille van werkgeleenthede” die asemhalingsmasjien moet aan hou, is ongeldig. Alle instellings, hetsy staat- of private sektor, is onderworpe aan markkragte wat werkgeleenthede betref. Waarom ’n uitsondering van staatsinstellings maak?
Op ’n vergadering met redakteurs en ander senior joernaliste het ’n ANC-hooggeplaaste einde verlede jaar genoem dat tot 30% van die SAL se personeel op een slag met “siekteverlof” is. En dat die tegniese diensstasies vir die vliegtuie leeg gestroop is van toerusting – sommige dienste moet byvoorbeeld nou elders gedoen word. (En inderdaad kon verskeie vliegtuie weens tegniese probleme onlangs nie opstyg nie.)
Hopelik sal die huidige SAL-staking die lugdiens se suurstof vinniger afsnyHopelik sal die huidige SAL-staking die lugdiens se suurstof vinniger afsny
Die SAL se personeel is, soos by ander staatsinstellings, gelaai met ontvangers van politieke gunste wat min tot die kernfunksie bydra. Daar sou gerus mildelik besnoei kon word, maar ons is verby daardie punt.
Diversiteit sal net weer op koers kom in ’n suksesvolle omgewing wat behoorlik bestuur word.
Of sluit die plek eenvoudig en laat markkragte van ander suksesvolle lugdienste die land se vlugroetes oorneem. Of kry internasionale vennote wat oorblywende bates en aspekte daarvan op meriete en volgens markbehoeftes bestuur – sonder enige politieke en ja, selfs diversiteitsvoorskrifte. Kundigheid en klaar.
Diversiteit sal net weer op koers kom in ’n suksesvolle omgewing wat behoorlik bestuur word. (Mees geykte voorbeeld van die laaste paar weke: die Bok-span.) Die C-span-reddingspogings die laaste paar jaar by staatsinstellings het misluk.
Die momentum wat uit ’n oper en vryer lugroetemark kan ontstaan, mag dalk selfs meer werk en sekondêre dienskontrakte skep – vir die regte kundigheid, nie suurstofdiewe nie. En dit is wat die vakbondlede weet.
Hopelik sal die huidige SAL-staking die lugdiens se suurstof vinniger afsny en ook die vakbonde se invloed verder verswak. Want die nodige “nuwe daeraad” vir die lugdiens moet nou maar die lang, pynlike roete volg. Dit eerder as vinnige en moedige leierskap deur die ANC – die politieke wil wat volgens Moody’s ontbreek. Inderdaad.