Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Oog vir ’n oog en sommer ’n afgekapte hand!

Volgens Diego Maradona is Engeland in Fifa se Wêreldbekertoernooi in 1986 geklop danksy die hulp van die Hand van God.

Heinz Mödler
Heinz Mödler

Maradona se omstrede doel in Mexikostad, waaroor die Engelse tot vandag toe nog boos is, was egter te danke aan Maradona se eie hand wat aan die bal geraak het.

Baie van die Engelse sokkergeesdriftiges wou ná hierdie gebeurtenis weer koning Hammurabi se wette afstof. Hammurabi het oor die destydse Mesopotamië (Irak) geheers. Tydens sy heerskappy in 1772 v.C. het hy die bekende wette “­ ’n hand vir ’n hand” en “ ’n oog vir ’n oog” toegepas. Die hand waarmee jy onheil pleeg word summier afgekap.

Hierdie drastiese maatreëls het nie net diefstal tot die minimum beperk nie, maar het ook as ’n goeie afskrikmiddel gedien aangesien die plegtigheid ten aanskoue van die inwoners op die dorp se plein voltrek is.

Afgekapte hande, of selfs arms, is ná die seremonie opgehang en uitgestal vir almal om besigtig te word. Daar is tot vandag toe nog ’n dief se gedroogde arm in een van Praag se kerke.

Afgekapte hande het gesogte artikels in die sluikhandel geword, aangesien mense – of liewers diewe – geglo het ’n afgekapte hand beskik oor magiese kragte.

Afgekapte hande is gesteel deur diewe wat weer wil steel. ’n Afgekapte hand het bekend gestaan as die “Hand of Glory” omdat nie net diewe só ’n hand wou gehad het nie, maar ook mense met siektes.

Daar is geglo dat ’n afgekapte hand ook vele kwale kan genees.

Diewe het afgekapte hande met was gesmeer en dan saam met klapmusse in ’n drasak geplaas.

By die huis waar daar gesteel gaan word, is die afgekapte hand iewers versteek en aan die brand gesteek.

By die huis waar daar gesteel gaan word, is die afgekapte hand iewers versteek en aan die brand gesteek. Indien die vlamme aan al die vingers gelek het, het dit beteken almal in die huis slaap vas en die diewe kan maar die destydse rekenaar, die abakus, steel. Indien een van die vingers nie wou brand nie, is geglo dat dit ’n aanduiding is dat iemand in die huis wakker is en dat dit wyser is om liewers elders te probeer inbreek.

Ou gewoontes sterf moeilik en die meeste van die geskiedkundige afgekapte hande wat nog in bewaring is, is oor die laaste paar jaar gesteel.

Een van die bekendste hande wat verdwyn het, is dié van ’n dobbelaar wat gekul het. Sy hand is in ’n kroeg in Wiltshire, Engeland, die Haunch of Venison, uitgestal. Ongelukkig is daar in 2010 by die 700-jarige kroeg ingebreek om die hand te steel.

Die volgende gesteelde hand wat hande verruil het, was in Duitsland. In 2012 is ’n versteende hand uit die St. Brigida-katedraal gesteel. Die enigste oorblywende “Hand of Glory” kan vandag in die Whitby-museum in Engeland gesien word. Hierdie hand is gevind deur ’n bouer wat restourasiewerk gedoen het. Hy was gelukkig vertroud met die geskiedenis van afgekapte hande en het gesorg dat die hand in die museum opeindig.

Die mees omstrede “Hand of Glory” behoort egter aan Maradona en kan duidelik op die kykweer-funksie van ’n televisie gesien word.

  • Mödler is ’n medikus, skrywer en kunstenaar van Kaapstad.
Meer oor:  Heinz Mödler  |  Hand  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.