Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Oor ons vrees, woede en ons eie verkiesing

Die Katolieke skrywer, priester en akademikus Henri Nouwen het 40 jaar gelede al gewaarsku oor twee emosies wat nie net die wêreld oorgeneem het nie, maar ook geloofsgemeenskappe binnegedring het. Daardie twee emosies is woede en vrees. En die twee voed mekaar.

Deesdae sien ons dit oral. In Suid-Afrika misbruik sommige politici hierdie emosies meesterlik in die aanloop tot die verkiesing.

Terwyl onsekerheid besig is om toe te neem, het die Sweed Hans Rosling se merkwaardige boek Factfulness verlede jaar verskyn. Daarin probeer hy wys hoe vrees, fokus op die negatiewe, sensasionele beriggewing, veralgemening en stereotipering ’n donker wêreld in ons gemoed geskep het wat nie altyd met die feite korreleer nie.

Só byvoorbeeld het daar in 2009 op Google 82 000 keer meer artikels oor sterftes weens varkgriep verskyn as oor tuberkulose. Ten spyte van Boeing se probleme het lugreise die laaste 70 jaar 2 000 keer veiliger geword. Sterftes in oorloë per miljoen mense het van 2 100 na 12 afgeneem. Veel minder mense sterf deesdae (persentasiegewys) weens natuurrampe as 100 jaar gelede.

Kindersterftes het in 1800 44% van babas jonger as vyf geraak – deesdae is dit net 4%. Die lys is veel langer. Tog wys navorsing dat mense oor die hele wêreld meer negatief oor die toekoms is as ooit tevore.

Kindersterftes het in 1800 44% van babas jonger as vyf geraak – deesdae is dit net 4%.

So waar laat dit ons? In die aanloop tot die verkiesing behoort ons mekaar daaraan te herinner dat ’n vry en regverdige verkiesing veel meer is as ’n verkiesing waar daar nie met die stemme gekul word nie.

Dit is ’n verkiesing wat plaasvind binne ’n klimaat en kultuur wat vry is van vrees en intimidasie. Dit is ’n verkiesing waar mense uitstyg bo die gevangenskap van ideologie en gehoorsaam word aan die wekroep van ’n roeping. Hier lê vir ons harde werk voor. Die stryd teen vrees en woede behoort egter binne onsself te begin.

In die kerklike jaar is ons in die Lydenstyd. Woorde soos eensaamheid, pyn, (self)verloëning, afsondering en opoffering word meermale gebruik. Dit is ’n tyd waar ons, in navolging van Christus se ervarings op Getsemane en Golgota, opgeroep word tot tye van eensame afsondering, gebed en nadenke. Hierdie kan intieme ontmoetings met God word. Dit is in hierdie oomblikke waar die wonder plaasvind.

Ons vrese en angs verander in perspektief en hoop. Ons frustrasie en woede word getemper deur geduld en liefde. Ons verlamming en moedeloosheid word vervang met nuwe energie, die lus om op te staan en die soeke na kreatiewe moontlikhede. Dit is wanneer die wêreld in ons so verander, dat ons agente word om die wêreld om ons te verander. Mag Paasfees só die tafel dek vir ’n geseënde 8 Mei 2019.

Dr. Hanekom is die direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis.

Meer oor:  Braam Hanekom  |  Vrees  |  Woede  |  Verkiesing  |  Geloof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.