Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Op soek na ’n troosverhaal in die donker dae
Annemarie van der Walt

Die een ná die ander medeboekwurm in my omtes bevestig dit: Die afgelope jaar is die een waarin ons die minste boeke tot nog toe gelees het. Ondanks die meer tyd op hande weens die inperking, die veronderstelde drang om van die werklikheid te ontsnap en ten minste te kan kopreis na verre vastelande wat tans andersins onbereikbaar is.

Daar lê drie, vier boeke op die bedkassie wat slegs deels gelees is. Telkens tel ek weer een op, net om dit ná ’n ruk weer toe te maak met die besef van die laaste paar bladsye se verhaalgang kan niks opgeroep word nie.

Is dit ’n roman wat ek lees, blameer ek my dwalende aandag op die fiktiewe gegewens. Want watter uitgedinkte verhaal kan die ongelooflike werklikheid van ons huidige leefwêreld troef? Al weet ek ek het iewers in ’n notaboek ’n aanhaling neergeskryf van Albert Camus, skrywer van Die pes: “Fiksie is die leuen waarmee die waarheid vertel word.”

Wyk, Camus. Ek probeer sy en ander se fiksie én die pes besweer met biografieë en ander niefiksie, trek die eerste daarvan nader: The New Silk Roads­ deur Peter Frankopan. Dit troos ’n wyle, al is dit bloot die bevestiging dat geen koninkryk, heerser of beskawing hier ondermaans vir ewig kan duur nie. En dit het wragtig al meer beroerd in die geskiedenis gegaan as tans.

Things look bad: I admit it. They look worse than they’ve looked for years, for centuries.

Soos die laaste paar weke lank reeds, word die boek The Dance of Anger deur Harriet Lerner telkens weer heel onder die hopie ingeskuif en lees ek aspris nie die subtitel raak nie. Eendag op ’n onreëndag sal ek kans sien om vroue se woede in intieme verhoudings te probeer verstaan. Vir eers is ek ontdaan van woede en bloot daagliks dankbaar die liefste is nog ongeskonde.

Ek loop staan weer voor die boekrak, vir die hoeveelste keer op soek na ek weet nie wat nie. Dit is ’n klein boekie waarop my oog eindelik val, The Tent deur Margaret Atwood, een van my gunstelingskrywers. Ek onthou die dag wat ek dit gekoop het: die verleiding van ’n hardebandboek met ’n stofomslag se totale aanslag op ’n boeksiel; bladsye waarvan die tekstuur die vingerpunte nooit versadig nie; en die bondige essays waarvan die oënskynlike eenvoud ’n mens telkens asemloos laat, asof jou wind uitgeslaan is.

“Things look bad: I admit it. They look worse than they’ve looked for years, for centuries. (. . .) What would you call them if they were in a story­? Would they be happy endings, or beginnings? But they aren’t in a story, and neither are you. You tucked them back under the mulch and the dead leaves, however. It was the right thing to do on the darkest day of the year.”

Dit is die laaste essay in die boek, die een met die titel wat in die lug hang: “But it could still.”

Maar dit kan steeds.

Die donkerste dae kan dalk wel die begin wees van ’n heel nuwe verhaal. Dit kan mos?

Van der Walt is ’n vryskutskrywer van Kaapsche Hoop.

Meer oor:  Annemarie Van Der Walt  |  Boeke  |  Lees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.