Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Op soek na ware geluk

Die Nywerheidsrevolusie was vir die filosoof Bertrand Russell ’n groot deurbraak. Hy het gesê vir die eerste keer in die geskiedenis kan ’n nuwe wêreld nou geskep word waarbinne almal ’n redelike kans staan om gelukkig te wees. “Famous last words” of wat? In elk geval, almal smag na geluk.

Almal soek na huweliksmaats wat hulle gelukkig kan maak. Almal wil gelukkig wees by hul werk en kerk. Nogtans, ten spyte van die wêreld se obsessie met geluk, systap dit die meeste mense. Dalk gebeur dit omdat geluk nie ’n doel opsigself is nie, en met name nie vir gelowiges nie. Jesus leer ons in Joh. 15 dat ons in Hom moet bly. Solank as wat ons in Hom geanker is, vloei sy lewenskrag en vreugde deur ons. Om in Hom te bly, is om in sy blydskap geplant te wees en om dit te beleef.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.