Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Oppas waarvoor ons vra met Ace

Vandeesweek gaan Ace Magashule, die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, sy party voor die hooggeregshof daag.

Raymond Willemse

Magashule, wat geskors is omdat hy nie die party se opsystaan-beleid wou volg nie, gaan die hof vra om sy skorsing tersyde te stel.

Hy word aangekla van korrupsie, wat verband hou met ’n asbes-kontrak van R255 miljoen toe hy premier van die Vrystaat was. Hy ontken die klagte.

In die aanloop tot die hofsaak het die teenstanders mekaar reeds met mening gepak, met die party se binnegevegte wat in die openbaar oorgespoel het. Dis ’n verskynsel wat voorheen taboe was.

Daar is mense wat uitsien na die vuurwerk en die gevolge, wat ’n skeuring in die bevrydingsparty kan meebring. Ons moet egter versigtig wees om leedvermakerig te raak oor die ANC, veral as Magashule se faksie, ondersteuners van radikale ekonomiese transformasie (RET), tot ’n volwaardige party sou lei.

Laas toe ons gewens het vir ’n skeuring in die ANC wat die party by die stembus sal laat bloei, is ons met die EFF gestraf.

In Julius Malema se bewind as president van die ANC-jeugliga was hy bekend om sy omstrede uitsprake en baie mense het gewens hy kom tot ’n val.

Ons moet versigtig wees vir Magashule en sy RET-faksie, van wie talle met staatskaping verbind word.

Toe hy in 2012 uiteindelik uit die party geskors is, was daar diegene wat gedink het dit is die einde van die Malema-dilemma. Hy is later uit die ANC geskop, maar hy was nie te lank in die politieke wildernis nie. Sedert die EFF in 2013 die politieke arena betree het, bedreig hulle steeds ons reeds brose demokrasie met hul populistiese agenda.

Nie net Suid-Afrikaners nie, maar ook die res van die wêreld het hul onfatsoenlike optrede in die parlement gesien en die bedreiging wat dit inhou. Malema se uitlatings het hom ook ’n skynbaar onaantasbare politikus gemaak met die hofsake teen hom wat steeds sloer. Ons kan ook nie Malema se invloed op sy volgelinge met sy aanhitsery miskyk nie. Die party en sy lede se manewales by onder meer Clicks, in Senekal en by die Hoërskool Brackenfell is ’n bewys dat hulle nie respek het vir die orde en reg nie en die RET lyk of hy moontlik dieselfde paadjie gaan volg.

Dit wat die EFF voorstaan, wat nasionalisering en onteiening sonder vergoeding insluit, is ook die opsweeptaal wat die RET praat en aan hul volgelinge verkondig. Hoewel sulke beleid rampspoedige ekonomiese en maatskaplike gevolge in Venezuela en Zimbabwe gehad het, is hulle vasbeslote om die koers van verwoesting in te slaan.

Ons moet versigtig wees vir Magashule en sy RET-faksie, van wie talle met staatskaping verbind word. Hul betrokkenheid by staatskaping het reeds ontsettende skade berokken en dis duidelik dat hulle daarmee wil voortgaan. Ons het destyds vir Malema en die EFF onderskat.

Ons kan ook nie die RET onderskat nie. ’n Skeuring, wat kan lei tot nog ’n populistiese party, beteken nie dit gaan positiewe gevolge inhou vir die res van Suid-Afrika nie. Ons het nie nog ego’s nodig wat teen mekaar gaan meeding oor wie die radikaalste populistiese party is nie en wat ’n verdere wig tussen Suid-Afrikaners op grond van ras kan indryf nie.

Nog minder het ons voorstanders van intimidasie, geweld, plundering, korrupsie en vandalisme nodig.

Met die EFF, wat reeds nie op nasiebou toegespits is nie en nog minder daarna streef om die Grondwet te handhaaf, kan ons nie nog ’n populistiese party onder die RET-vaandel verwelkom nie. Ons hoop moenie net wees op ’n skeuring nie, maar dat die owerhede diegene wat van korrupsie en bedrog aangekla word, sonder politieke inmenging sal vervolg. Willemse is ’n redaksielid van Beeld.

Meer oor:  Raymond Willemse  |  Anc  |  Hooggeregshof  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.