Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Orige onnies en lustige leerlinge

Die Orige Onnie was nog altyd met ons en is glad nie ’n nuwe verskynsel nie, skryf Erla-Mari Diedericks.

business woman
Grafika: iStock

Die saak van Fiona Viotti is ’n interessante een met twee kampe: Diegene wat haar nie kwalik neem nie, en die ander groep wat voel dat ’n onderwyser sekere verantwoordelikhede het teenoor leerlinge wat nie vryerige buitemuurse aktiwiteite insluit nie.

Dit is egter nie waaroor ek wil praat nie.

Veel interessanter is die fenomeen van die Orige Onnie.

Toe ek in die hoërskool aanland in die jare tagtig, was daar juis ’n groot seksskande in ons skool. ’n Juffrou het seks gehad met ’n skoolseun.

Die Orige Onnie was nog altyd met ons en is glad nie ’n nuwe verskynsel nie. Elke skool het een of twee en almal weet wie hulle is.

Daar is die Orige Onnies, wat kansvatters is, en dan die sexy onnie waaroor almal kwyl met die hoop dat sexy onnie ook ’n stoute onnie is.

Toe ek in die hoërskool aanland in die jare 80, was daar juis ’n groot seksskande in ons skool. ’n Juffrou het seks gehad met ’n skoolseun.

Die Duitse juffrou.

Die Duitse juffrou was skaars 21 of 22 jaar oud en eksoties met haar aksent en lang, donker hare.

Haar storie was egter ’n klein bietjie meer gekompliseerd as net ’n gewone skoolbankromanse. Die Duitse juffrou was pas klaar met haar studies en het gaan vakansie hou in Hartenbos voordat sy by haar nuwe skool sou begin werk. En dit was tussen die Hartenbosse branders dat sy verlief geraak het op ’n aantreklike manlike universiteitstudent. Die probleem was net hy het gejok. Soos wat sy besef het toe sy by die skool instap en haar “student-geliefde” voor haar in die skoolbanke sit.

Dan was daar die twee Engelse juffrouens. Hulle het die skool soos ’n storm getref. Die een was kort met 'n dikraambril en hippie-uitrustings en sy het die hele skoolstelsel ontwrig omdat sy eksentriek was en al die skoolreëls oortree het.

Sy het ons klaskamer rangskik in ’n groot oop vierkant waarbinne sy tekere gegaan het soos ’n volbloed aktrise. Sy kon woorde waar laat word en ons was almal heimlik verlief op haar. Sy was net so vry en so anders.

Maar die ander Engelse juffrou!

Die seuns het gereeld bespiegel of sy aspris deursigtige klere dra.

Sexy. Smeulend. Ek onthou iets van wit hempies sonder onderklere en stywe rompies. Sy het hierdie manier gehad met ’n lang houtbordliniaal wat ek nou eers besef die skoolseuns tot raserny moes gedryf het. Die seuns het gereeld bespiegel of sy aspris deursigtige klere dra. Ek self was gefassineer deur die juffrou. Sy het altyd geruik na eksotiese parfuum en ek kon ure staar na haar pragtige vel.

Self was ek verlief op ons geskiedenisonderwyser. Meneer X.

My Meneer X was lank met pikswart hare en hierdie ongelooflike blou oë. Ek het amper in ’n beswyming ingegaan toe ek uitvind dat Meneer X ook ’n tweelingbroer het. Ek kon vir ure na sy lyf onder sy wit katoenhemp staar en ek het elke opmerking wat hy gemaak het, ontleed om agter te kom of Meneer X ook in my belang stel. Helaas, egter nie – en die romanse wat ek in sy donker, stowwerige klaskamer op die tweede vloer oor gefantaseer het, het nooit vlamgevat nie.

Die feit dat skoolromanses tussen onnies en skoolkinders maar nog altyd gebeur het, maak dit nie reg nie. Dit maak wel sin as ’n mens dink aan ’n klaskamer vol hormoonbelustigde skoolkinders en ’n aantreklike volwassene wat in ’n magsposisie is. Ook interessant is dat skooljuffrouens wat oor die tou trap met hul studente, wêreldwyd aan die toeneem is.

Erla-Mari Diedericks

Of, reken die navorsers, dalk word hulle net meer uitgevang.

Ek wonder wat het van Meneer X en sy tweelingbroer geword. Hulle is seker vandag al taamlik lank in die tand. Maar in my verbeelding staan Meneer X nog steeds voor die groen bord met sy lang rottang in sy hand waaroor hy altyd so stadig gestreel het. Stap hy nog steeds afgemete en in slow motion na my lessenaar en uiter dié wilde fantasiewoorde: “Diedericks, ek sien jou ná skool in my klaskamer.”

* Diedericks is ’n redaksielid van Netwerk24. Die menings van skrywers is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.

* Diedericks se nuutste boek, Seks, leuens en die internet (Lapa), is nou in boekwinkels te kry.

Meer oor:  Erla-Mari Diedericks  |  Fiona Viotti  |  Leerders  |  Onderwysers  |  Verhoudings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.