Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ôs hettie ’n anne lantie

Te midde van onder meer geweld teen buitelanders is dit nodig dat Suid-Afrikaners baie harder oor menseregte praat, skryf Danny Titus.

Danny Titus

“Freedom of speech, freedom of worship, freedom from want, freedom from fear.”

Hierdie is die vier vryhede van die Amerikaanse president Franklin D. Roosevelt wat saam met die Universele Verklaring van Menseregte en ander belangwekkende dokumente deel geword het van die raamwerk van norme vir beskaafde samelewings.

Die Verenigde Nasies moniteer dit voortdurend en lande meet hul prestasies hieraan. Ek sien onlangs op die CCN-kanaal die land Bhoetan. Dis aan die oostekant van die Himalaja, tussen Indië en Tibet.

In dié land, word gesê, word geen wet uitgevaardig as dit nie die welstand van die burgers verbeter nie. Die eerste minister ry daagliks fiets, is ’n praktiserende chirurg en neem deel aan verskillende sportsoorte.

Die aanvalle op buitelanders het pas begin toe ons huishulp uit Zimbabwe my vra wat gaan daar buite aan. Wat sê die mense? Sy is besig om te stryk, maar haar gedagtes is duidelik elders.

Ons landjie het darem ver uit die bus geval. Ons misdaadstatistieke alleen is genoeg om die land te laat stilstaan. Maar dit neuk voort. Jaar ná jaar in bevryde Suid-Afrika moor Suid-Afrikaners mekaar uit. En dan moet ons hoor, ubuntu “ek is ’n mens deur ander mense.”

Terug na die vryhede. In groot dele van Suid-Afrika bestaan dit wel. In groot dele van Suid-Afrika werk die onderwysstelsel, werk die howe, is daar veiligheid en welvaart.

In groot dele van Suid-Afrika werk dit nie, werk die howe nie, is daar nie veiligheid nie en is daar erge armoede. Suid-Afrikaanse landgenote leef in vrees, vrees vir hul lewens. Die onlangse aanvalle op buitelanders smeul nog, die mense gaan terug, ambassadeurs vra vrae, ons minister van internasionale betrekkinge en samewerking moet antwoorde gee, die president stel sy besoek aan die VN af. Dit lyk of hier kan iets gebeur as hy in New York sit. Ek dink die politieke messe bly geslyp vir hom.

Die aanvalle op buitelanders het pas begin toe ons huishulp uit Zimbabwe my vra wat gaan daar buite aan. Wat sê die mense? Sy is besig om te stryk, maar haar gedagtes is duidelik elders. Ek skakel vir haar die TV aan. Die skares in Johannesburg is woedend. “Hulle moet terug. Wat soek hulle hier? Hulle vat ons werk. Bring misdaad in ons land.”

Die argumente vlieg wild rond.

“Dis nog nie by ons plek nie, sê sy. Maar hulle het gesê hulle sal ons woonplekke kom aanval.”

Praat harder oor menseregte

Ons huishulp woon al 22 jaar in Suid-Afrika. Elke vier jaar moet sy haar verblyfdokumente gaan hernu. Sy werk by verskillende plekke.

Ek dink aan ons gesin se verblyf in Nederland van ses jaar. Elke jaar gaan stel ons ons dokumente reg by die “vreemdelingenpolitie” en die “gemeentehuis” (stadsraad). Ons is behoorlik gedokumenteer en hul stelsels werk. Ons kon in vrede en waardigheid leef.

Miskien is dit nie ’n goeie vergelyking nie. Dis mos nou eerste wêreld teenoor ontwikkelende wêreld.

Maar ons sou dan ’n land gehad het wat soveel beter was. Die euwel van apartheid is die nek ingeslaan en ons sou “a better life” vir die hele blerrie lot gehad het.

Ek praat deesdae baie sagter oor menseregte, alhoewel ons juis nou harder moet praat. Maar dis oor die implementering wat ons baie harder moet praat. Die konkrete aksieplanne om ons mense te oortuig dat ons medemense is.

Ná 25 jaar kry ons vir Hlaudi, vir Ace, vir Atul en vir Jooste.

Ons huishulp bel die aand. Dit woel nog nie so erg nie, maar sy wil liewer die volgende dag tuisbly. Haar lojaliteit gee my koue rillings. My jongste begin te reël om ons huishulp se gesin by ons te huisves. Ons huis is tog groot genoeg. Maar dit bly onveilig om die gebied te verlaat, want waarna kan hulle terugkeer?

“Freedom from fear” het teruggekeer vir haar en haar gesin, ’n bietjie meer as net tydelik, hoop ’n mens.

Vandag besluit meneer die tuinier om nie op te daag vir werk nie, vir die tweede week. En hy laat weet my niks. Huishulp is die donner in. Hy’s ’n Suid-Afrikaner, hy het ’n werk en hy woon baie nader as ek.

“Dan sê hulle ons vat hulle werk? Eish! En hy bly net stil! Hayi!”

Ek praat deesdae baie sagter oor menseregte, alhoewel ons juis nou harder moet praat. Maar dis oor die implementering wat ons baie harder moet praat. Die konkrete aksieplanne om ons mense te oortuig dat ons medemense is.

Die volgende dag keer ek terug van die werk en wie het opgedaag? Die vrou wat alle rede gehad het om tuis te bly.

“Ag nee wat,” sê sy. “Dit was gelukkig stil die hele aand en die oggend. Toe kom ek maar werk.”

Daar is ook ’n ander kant aan die vier vryhede en menseregte oor die algemeen: Jy hoef nie net te wag daarvoor nie, jy moet dit ook self gryp.

Ons kan ons land beter maak, ons moet ons land beter maak.

Ôs hettie ’n anne lantie.

* Dr. Titus is uitvoerende direkteur van korporatiewe aangeleenthede by die ATKV. Die menings van skrywers is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.

Meer oor:  Verenigde Nasies  |  Danny Titus  |  Suid-Afrika  |  Zimbabwe  |  Ubuntu  |  Menseregte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.