Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Oupas, oumas kan help met waardes vestig

Die Afrikaanse gesegde wat lui “oud, maar nog nie koud” het dikwels meer betrekking op die romantiese en seksuele funksionering van beide mans en vroue, veral op of ná aftreeouderdom.

Soms word dit as ’n beskeie verklaring vir mense se aktiewe rol binne die huwelik, ander verhoudinge en selfs die gemeenskap gebruik. Ons ken almal sulke mense wat op rype ouderdom steeds betrokke is in verskeie organisasies in hul gemeenskap.

Soos ouderdomsverskil vir baie nie ’n kwessie is wanneer liefde ter sprake is nie, so is ouderdom ook nie ’n faktor in die uitleef van ons godsdienstige en morele waardes nie.

Ek hou verlede week die begrafnisdiens van die oudste lidmaat in die gemeente. Hy was 91 jaar oud, maar was nog vol vuur, energie en het ’n passie vir blomme en plante gehad.

Oom Kosie was ’n geestelike reus en morele ikoon.

Oom Kosie was ’n geestelike reus en morele ikoon. Hy was ’n man van inbors, integriteit, vrede en geregtigheid. Toe hy die gemeente as diaken bedien het, was hy stiptelik, getrou en toegewyd in die uitvoering van sy pligte.

Van oom Kosie kon ons werklik sê “oud, maar nog nie koud”. Die rede is omdat hy nie net fisies aktief was in en om die huis nie, en ook nie net omdat hy ’n goeie, sinvolle gesprek oor alles en nog met ’n mens kon voer nie.

Oom Kosie was oud, maar glad nie koud nie, ook wanneer dit by geestelike en morele kwessies gekom het.

As senior en man van baie seisoene het hy die belang van morele waardes verstaan. En ek dink hierin kan ons almal van oom Kosie leer.

Hoe ouer hoe natuurliker behoort dit ook in die uitleef van ons waardes te wees.

Hoe ouer hoe natuurliker behoort dit ook in die uitleef van ons waardes te wees. Hoe ouer hoe makliker behoort die praktiese toepassing van waardes soos vergifnis, respek, hulpverlening en eerbetoon te wees.

Die Psalmdigter in Psalm 92 herinner ons aan die belang van die rypheid van ouderdom. En as daardie lewe gekenmerk was aan die doen van geregtigheid en regverdigheid teenoor God en mens, dan verkry sulkes selfs nuwe krag en word hulle beskryf as fris en lewenskragtig.

Ons senior burgers het steeds ’n vername rol te speel, nie net in die ekonomiese of politieke wêreld nie, maar veral waar dit gaan oor die morele en karaktervorming van ons kinders en ons gemeenskappe.

Ons kinders het oupas en oumas nodig om hulle moreel te help vorm en hul karakter te vorm en uit te bou.

Vir kinders om morele waardes en karaktervorming ernstig op te neem, het hulle nodig om deur ouers, oumas en oupas omring te word vir wie morele waardes en karaktervorming belangrik is.

Só help bou ons aan ’n mooier en waardiger, mensliker en veiliger Suid-Afrika.

Dr. Katts is voormalige moderator van die Volkskerk van Afrika.

Meer oor:  Donald Katts  |  Bejaardes  |  Geestelike Waardes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.