Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pak dié kat liewer met handskoene
Heinz Mödler
Heinz Mödler

Daar word bespiegel dat sekere politici meer as een lewe het. Elke keer wanneer daar gedink word die persoon se politieke en sosiale einde is in sig, is dit klaarblyklik nie so nie.

Maar ons almal weet dit is nie waar nie. Almal het net een lewe om te leef en een of ander tyd val die valbyl vir die laaste keer.

Behalwe vir katte.

Op 18 Mei 1941 word die Duitse skip die Bismarck tydens ’n skermutseling gesink. Slegs 115 soldate van ’n bemanning van 2 100 oorleef dit.

Oscar, die kat van een van die soldate, oorleef ook die aanval. Oscar word deur die HMS Cossack opgepik en dit raak sy nuwe tuiste.

Oscar verengels gou en veg verder saam met sy nuwe eienaars teen sy vorige eienaars.

Dit was nie lank nie, toe word Oscar se nuwe tuiste deur ’n Duitse torpedo gekelder. Oscar oorleef weer die aanval en beland op die HMS Ark Royal, waar die bemanning Oscar tot “Unsinkable Sam” herdoop.

Dit was nie lank nie, toe word Oscar se nuwe tuiste deur ’n Duitse torpedo gekelder. Oscar oorleef weer die aanval en beland op die HMS Ark Royal, waar die bemanning Oscar tot “Unsinkable Sam” herdoop.

Soos dit maar tydens oorloë gaan, word die HMS Ark Royal ook gekelder. Oscar oorleef weer die aanval deur aan ’n drywende plank vas te klou.

Genoeg is genoeg en Oscar tree in Belfast af waar hy saam met ’n soldaat die laaste van sy nege lewens uitleef.

Die oorsprong van katte se nege lewens is onseker.

Die getal “nege” is vir baie nasies ’n gelukkige nommer, maar dit kom waarskynlik uit Antieke Egipte. Die Egiptenare het geglo katte het bonatuurlike vermoëns en kan selfs die dood flous.

Hulle is deels reg, want katte is baie rats, vinnig, soepel, kry nie maklik seer nie en kan blitsig uit moei­like situasies kom.

Katte wat nege lewens wil hê, moet egter nie in Spanje gaan woon nie. Daar het hulle net sewe lewens. Turkye is nog meer snoep en net ses lewens word daar aan katte toegeken.

Die Egiptenare het ook geglo dat katte mense wat nie wil luister nie kan help. Boosdoeners kan insig en wysheid bekom deur met ’n sweep gemaak uit katvel gekasty te word.

Die sogenaamde katstert het nege geknoopte sterte en die merke wat hierdie hulpmiddel op die lyf maak, lyk soos ’n kat se krapmerke.

Die katstert is in ’n spesiale sak gebêre en is slegs uitgehaal wanneer dit nodig was. Wanneer die kat uit die sak gelaat word, weet jy daar kom moeilikheid. Die sweep se nege katsterte was ook baie lank en die laksman het genoeg ruimte nodig gehad om die vonnis te voltrek. Veral was die dek van ’n skip ’n geskikte area, want daar was meer as genoeg plek om ’n kat te swaai.

Wanneer die beskuldigde gevra is of hy iets ter versagting wil sê, was hy gewoonlik doodstil. Die kat het waarskynlik sy tong gesteel.

Stilbly is ongelukkig nie altyd ’n antwoord nie. Want wanneer jy die kans gegun word om jou saak te stel, is dit wys om te verklaar jy weet meer van saffraan as wat hulle dink.

  • Mödler is ’n medikus, skrywer en kunstenaar van Kaapstad.
Meer oor:  Heinz Mödler  |  Diere  |  Troeteldier  |  Skip  |  Kat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.