Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pandemie laat ons weer besin oor identiteit
Donald Katts

’n Jong onderwyseres van ’n Karoodorpie beleef nog meer spanning, bloot omdat sy onregverdighede en ongeregtighede aan die hoof uitgewys het. Van haar medekollegas is nou katterig met haar, wat die rasse- en werkspanning verder verhoog.

By nabetragting wonder sy of sy die regte ding gedoen het om te praat en of sy nie eerder moes stilgebly het nie. Ek dink sy was dapper en moedig om dit persoonlik aan die hoof te noem en nie agteraf die onregverdighede met haar kollegas te bespreek nie. Om trou aan jou persoonlikheid te wees, is dit van groot belang om te weet wie jy is. En uit ’n Christelike oogpunt om ook te weet wie s’n jy is of aan wie jy behoort.

Om onseker te wees of te wonder oor wie jy werklik is, of wat jou identiteit is, het nadelige gevolge vir jouself, vir jou verhouding met God en jou naaste. Dit kan lei tot ’n gevoel van onmenswaardigheid, minderwaardigheid en kan selfs tot ’n gevoel van ondergeskiktheid teenoor ander lei. Jy bly voel jy is nie goed genoeg nie, beteken vir niemand iets nie en dat jy niks reg kan doen nie.

Dikwels kan dit ook gebeur dat jy in jouself twyfel, nie jouself kan aanvaar nie en baie krities teenoor jouself is.

Wanneer ons weet wat ons identiteit is en wie ons is en ook aan wie ons behoort, help dit baie om trou aan onsself te bly.

Ek dink Jesus wou vele kere bevestiging hê van wie Hy is en wat sy identiteit was. Met sy doop deur Johannes in die Jordaanrivier waar die hemele oopgegaan het, het Hy juis ’n stem gehoor wat sê: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek my” (Matt. 3:17).

Ek dink omdat Jesus geweet het wat sy identiteit is, wie Hy is en aan wie Hy behoort, kon Hy in enige moeilike situasie trou bly aan Homself, Sy identiteit en wie Hy was.

Ek dink omdat Jesus geweet het wat sy identiteit is, wie Hy is en aan wie Hy behoort, kon Hy in enige moeilike situasie trou bly aan Homself, Sy identiteit en wie Hy was. Dié wete het Hom gehelp om die versoekinge van die duiwel in die woestyn teë te kon staan.

Die koronavirus-pandemie het nie net politieke of ekonomiese gevolge nie. Ek dink mense sukkel ook geestelik en emosioneel om met die virus en inperkings om te gaan en uiteindelik sukkel baie om trou te bly aan wie hulle werklik is.

Ons beleef nou ’n tydperk in ons lewe waarin ons seker kan maak en seker móét maak wat ons identiteit is en moet ontdek of herontdek wie ons is – en beslis ook seker maak aan wie ons behoort.

Sodoende sal ons nie net die effek van die pandemie op ons eie lewe, ons verhouding met God, ons naaste en die skepping beter kan bestuur nie, maar sal ons ook nader aan die self kom en trou kan bly aan ons eie aard, natuur, waardes, persoonlikheid en geestelike vorming.

Só verminder ons persoonlike spanning en is ons van meer nut en waarde vir onsself, ons werkgewer, ons naaste en vir God. Die onderwyseres was trou aan haarself, haar identiteit en wie sy is. Sy verdien ons respek.

  • Dr. Katts is ’n voormalige moderator van die Volkskerk van Afrika.
Meer oor:  Donald Katts  |  Onderwyseres  |  Identiteit  |  Geloof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.