Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pas aan en kry verhoudings reg in 2021
Reggie Nel

Ons het gedink 2020 was rof en ongekend – toe tref 2021 ons. Geliefdes word weekliks begrawe of veras, ons openbare gesondheidsdienste kreun, ons hou ons hart vas oor die beskikbaarheid van entstof en dan, oor die water, bestorm Trump se hordes hul kasteel. Welkom in 2021! En dis maar net die begin.

As daar een les is wat ’n mens uit 2020 kan neem, is dit hierdie insig wat ek by ’n kollega in ekonomie geleer het: Ons kan ons nie skool vir elke moontlike veranderlike in die toekoms nie, dit is gans onmoontlik. Maar, in ag genome die wyse waarop dinge ontvou, kan ons tog die vermoë ontwikkel om saam met mekaar vinnig aan te pas, nuwe vaardighede te leer en saam te groei in nuwe situasies.

Dit kan gesien word as die rasionaal agter die teorie van evolusie of as die logika van geestelike groei.

Wat in die VSA gebeur het, is nie heeltemal onverwags nie. Dit het ’n aanloop gehad en juis dié besef sny tot die hart van die krisis. Sommige swart en bruin Amerikaners het selfs sinies opgemerk: “Maar dis tog die Amerika wat ons ken!”

Die aanslag op demokratiese instellings in die VSA het nie verlede week begin (of geëindig) nie.

In baie kringe word gemeen Covid-19 is nie die laaste pandemie nie.

Die probleem is dat leiers die laaste paar jaar, spesifiek dié in die Republikeinse Party en geloofsleiers, gesien het wat ontwikkel, maar nie die moed gehad het om hul stem te laat hoor nie.

Miskien kan dit ook van hierdie globale pandemie gesê word. In baie kringe word gemeen Covid-19 is nie die laaste pandemie nie. En dat dit verband hou met die mens – gedryf deur die korporatiewe wêreld – se uitbuitende verhouding teenoor die res van die ekostelsel.

Ons het nie ag geslaan op die stemme wat gewaarsku het teen die groeiende impak van klimaatsverandering op die verhouding tussen mens en natuur nie. Stemme het wel opgegaan, maar daar is nie geluister en gereageer nie. Word daar nou geluister as wetenskaplikes en aktiviste ons waarsku en oproep tot verantwoordelikheid?

Die hart van ons krisis is ongesonde, ongelyke en gewelddadige verhoudings. Vir sommige is verhoudings bloot die geleentheid om ’n situasie uit te buit vir politieke of ekonomiese gewin op kort termyn.

Dis nie gesonde leierskap nie. Gesonde leierskap vra die ongemaklike vrae oor die dieper aard van verhoudings – ons verhoudings met mekaar, met ons maatskaplike instellings, met organismes en die ekostelsels waarin ons leef. Dit verg gelykheid, wedersydse sorg, voortdurende groei, nuwe aanpassings en die ontwikkeling van nuwe vermoëns vir nuwe situasies.

Dis ons uitdaging hier aan die begin van ’n nuwe jaar. Daar sal nuwe situasies ontstaan wat ons moet hanteer. Ons kan nie die verlede herhaal nie, maar ons kan kosbare lesse uit die verlede leer.

  • Prof. Nel is dekaan van die Universiteit Stellenbosch se teologiefakulteit.
Meer oor:  Verhoudings  |  Mens  |  Pandemie  |  Natuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.