Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pas jou eie hart op

Tolla van der Merwe het eenkeer grappenderwys gesê sommige mense is so moeilik omdat hulle beton drink. Ek dink sommige siniese mense val ook in dié kategorie. Hulle wil nooit hê iemand moet hulle help soek na waar hul vreugde soek geraak het nie. Hulle wil net sinies en dikmond wees. Hulle hou van verkleineer, afskryf, afkraak, spot en beledig. Om met sulke mense te probeer praat, is om teen die noordewind te blaas.

Dit is veel beter om jou eie hart op te pas sodat so iets jou nie oorkom nie. En om mense wat nog luister na wyse raad, betyds te waarsku om nie agter hulle aan te loop nie. Om ’n siniese hart te hê, is sieldodend. Dit is om alle­ sagtheid te verloor. Dit is om deernis prys te gee. Dit is om die Lewe te verloor. Hou jou hart sag. Laat die Here dit in sy genadige hand hou.

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.