Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pessimisme vir-Dwayne nes mis voor son
Blou Willem

Nou ja, ’n mens hoop almal is lekker uitgerus ná Wiemens Day en dat al ons wiemens die naweek lekker bederf is.

Alhoewel, dis maar altyd ’n teer ou sakie wat ons manne nou eintlik te doen staan op dié spesifieke ou vakansiedaggie. Want kyk, dis nie ’n dag wat soos Moedersdag of Vaaltynsdag met blommetjies en teddiebeertjies uitgesorteer word nie.

Nee, as jy ligvoets en selftevrede daar in die slaapkamer inwals van die kombuis se kant af met ’n teetjie en ’n blommetjie, frons sy ewe skielik en vra vir jou: “Het jy geweet dat die gemiddelde vrou in die ontwikkelende wêreld elke dag 20 liter water 6 km ver moet dra?” En dan staan jy daar in die deur met jou simpel soenoffertjie en jy weet nie hoe dit jou skuld kan wees nie, maar dit ís. En glo my, jy’s nie die eerste ou wat so ’n stelletjie aftrap nie, want Wiemens Day word al van 1911 af gevier, sien ek.

Oom Johnny sê altyd jy kan ’n vrou enige dag gelukkig hou met die vier-diere-plan, wat die volgende behels: ’n jakkals vir ’n mooi jakkalsstertpelsie om haar nek, dan ’n blink Jaguar in die motorhuis, ’n maanhaarleeu in die bed en, om alles af te rond, ’n aap om vir dit alles te betaal.

Hy wens toe dat hy begeerlik vir alle vroue gemaak kan word. En wat gebeur? Die liewe feetjie verander hom net daar in ’n kredietkaart!

En dan vertel die oom verder (terwyl hy versigtig omkyk na die kombuis se kant toe) van die goeie feetjie wat vir ’n man een wens en één wens alleen gegee het. Hy wens toe dat hy begeerlik en onweerstaanbaar vir alle vroue gemaak kan word.

En wat gebeur? Die liewe feetjie verander hom net daar in ’n kredietkaart!

Nog so by die leeu en die vakansiedag: Saterdag was mos wêreldleeudag, wat ten doel het om bewustheid te kweek dat die aarde se leeubevolking aan die kwyn is.

Ek kon dié feit skaars glo toe ou Jo vir my ’n foto stuur van 21 leeus wat saam water drink in die willetuin.

Ek was daarvan bewus dat 21 Junie jaarliks internasionale kameelperddag is en het uit die aard van die saak altyd gedink dat dit dan die langste vakansiedag moet wees, maar ek was verkeerd. Ja-nee, internasionale bierdag, wat jaarliks gevier word op die eerste Vrydag in Augustus, is nou verleng tot vyf dae. Praat van leeuplesier!

En toe stap ek ’n watergat binne en sien die advertensie vir internasionale jenewerdag wat vir die volgende twee maande aanhou. Jene, julle!

En as Wiemens Day, leeudag, bierdag of jenewerdag nie jou naweek beter gemaak het nie, het die Bokke dit hopelik gedoen.

Die juffrou vra mos in die klas vir die kindertjies om ’n sinnetjie te maak met die woord “verdwyn.”

Klein Errol antwoord: “Gee net die bal Virdwyn Vermeulen, dan wen ons die World Cup!”

Darem verbasend, slag net gou ’n kiwi, ’n wallaby en ’n puma en kyk hoe vinnig ons rugbypessimisme soos mis voor die son virdwyn!

Meer oor:  Blou Willem  |  Vrouedag  |  Rugby  |  Pessimisme  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.