Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Piet Matipa: ’n Pad is vir ry, nie vir kruip nie

Die feestyd is op ons soos ’n onverwagse hitteuitslag tydens ’n tropiese eilandvakansie.

Die weer ly aan skisofrenie, maar die gemoed is darem stabiel, want dit is vakansie.

Piet Matipa

In die tydperk is dit belangrik om te weet wie vriend of vyand is, veral op die pad.

Diegene wat so stadig bestuur is niks minder as ’n vyand nie. Hulle is padfeekse.

Dis asof die stadiges hul kar in die middel van die pad parkeer het en vergeet het om die handrem op te trek. Ek’s oortuig toe hulle klein was, wou hulle rooi ligte gewees het.

Ek stem saam, ’n mens moet versigtig bestuur. Ek moedig geen siel aan om die persoonlikheid van ’n bakkiebestuurder aan te neem nie, maar ry tog asseblief asof jy ’n polsslag het. As jy net duskant nul kilometer per uur wil bestuur, klap eerder toon. Skud daai laaste bietjie vet af voordat jy see toe gaan, maar verban jouself van die pad af.

Die slakstadige bestuurders is almal dieselfde. Die mans laat gewoonlik die een arm uit die kar uit hang, soos ’n boomstomp wat daarvoor tender om afgesaag te word. Die dom arm (linkerarm) is gewoonlik in beheer van die stuurwiel. Daar sal soms musiek wees wat uit die kar uit brul.

Ek wonder gewoonlik hoekom die Adams dit doen: Is dit om ruskans te kry van die familie? Was daar onmin in die huishouding en nou kom kry pappa sy kop skoon deur een kilometer per uur met sy kar aan te kruie? Hoekom?

’n Spoedvraat kan darem nog getem word. As hy so op jou afgepyl kom en verwag jy moet uit sy pad spat, kan jy heel rustig die spoed verminder om hom ’n les te leer.

Die vroue wat so bestuur asof hulle aan ’n stilstaankompetisie deelneem, lyk gewoonlik verward. Hul koppe kyk heen en weer, maar daar is g’n stopstraat of verkeerslig in sig nie. Hulle is so verskrik en geïntimideer deur die pad en sommer ook hul eie motors. Dit lyk skoon asof hulle nie hul bestuurslisensies geslaag het nie, maar dit eerder gekoop is.

Ek het nou die dag agter ’n Eva bestuur, sy het oor ’n spoedhobbel gery asof sy ’n berg uitklim. Die suster het gesukkel. Nadat sy uiteindelik oor die hobbel is, het sy nog stadiger bestuur, asof sy asem moet skep. Ek het toe die geleentheid gekry om haar verby te steek. Die suster het aan die stuurwiel geklou. Sy het gelyk asof sy nie weet wat haar naam is nie. Daar was geen “L” op haar agtervenster nie. Daai “L” help darem met simpatie, want ons was al almal daar.

Toe sit ek op ’n ander lieflike dag agter ’n vrou vas wat saam haar ma of haar ouer vriendin bestuur het. Dié het gepraat asof sy spraakterapie ontvang, daai mond het nie gerus nie en daai kar het beslis nie beweeg nie. Hoe kon dit? Sy het die heeltyd vir haar ma, of wie ook al daai tannie was, gekyk.

Haar omgee vir haar medepadverbruikers was so min soos die spoed van die kar.

’n Spoedvraat kan darem nog getem word. As hy so op jou afgepyl kom en verwag jy moet uit sy pad spat, kan jy heel rustig die spoed verminder om hom ’n les te leer.

Jy kan niks aan ’n slakkepasbestuurder doen nie.

Vriende, handhaaf die Kersfees asseblief ’n normale spoed.

Dis al wat ek vra.

Meer oor:  Piet Matipa  |  Rubriek  |  Menings  |  Feestyd  |  Padveiligheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.