Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Planloos onderhandelinge in – Roelf
Roelf Meyer

“Nee ons het nie ’n plan gehad nie,” antwoord Roelf Meyer, voormalige hoofonderhandelaar van die Nasionale Party-regering.

Dit is op die vraag of daar ’n meesterplan was toe die regering in 1990 tot die onderhandelinge toegetree het.

Hy het in Oktober 2013 deelgeneem aan ’n reeks onderhoude wat vir die Afrikanerbond gevoer is deur dr. Jan-Ad Stemmet van die Uni-versiteit van die Vrystaat se departement geskiedenis. Uittreksels is vir die organisasie se gedenkboek, Broederskap, geredigeer.

Oor die gebrek aan ’n meesterplan sê Meyer: “Ons het
2½ jaar voortgeploeter met dieselfde paradigma van hoe jy groepsregte en minderheidsgroepe in Suid-Afrika kan beskerm.

Nee ons het nie ’n plan gehad nie.

Toe dit in 1992 uitgeloop het op ’n hengse botsing met die ANC en op die induiestorting van Kodesa, is ons terug na die tekenbord. Ek praat as ’n persoon wat deel was van die hele onderhandelingsproses. Ons het gedink ons het iets op papier, maar ons het gestaan in die teken van wat ons uit die verlede wil beskerm, in stede van wat ons uit die toekoms wil hê.”

Volgens Meyer het die onderhandelaars gestaan in die teken van die outoritêre bewind waaruit hulle gekom het. Die agtergrond van die Afrikaner, die regering en die Nasionale Party was outoritêre gesag.

“Ons het uit daardie paradigma gekom van ‘ons weet beter’, van ‘ons neem die besluite en julle moet dankie sê daarvoor’.” Volgens hom het dit tot in 1992 geduur voordat besef is daar word op gelyke voet onderhandel.

Oor die ja-stem in die 1992-referendum sê hy dat dit ’n baie groot poging was, maar dat dit FW de Klerk se veldtog en sy besluit was. “Die kabinet was nie eensgesind daaroor nie, maar almal het na die besluit meegewerk.”

Meyer ontken dat die Afrikanerbond vir die regering voorgeskryf het en meen persoonlikhede, soos John Vorster en PW Botha, was te sterk dat daar aan hulle voorgeskryf sou word.

Onder Pieter de Lange was die organisasie se denke dié van die NP vooruit en het gehelp om die klimaat voor te berei vir verandering.

Meer oor:  Roelf Meyer  |  Afrikanerbond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.