Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Polisie smous sigarette; vang jou as jy rook

Die FAK het Woensdag sy Vrouebeeld by Parys in die Noord-Vrystaat opgerig. Maar ons kort ook ’n beeld vir Bianca Jacobs doer in die Suid-Vrystaat.

Bianca het verkluim toe sy deur die leë Oranjerivier gestap het op soek na iets te drinke en rookgoed, en sy met haar terugkeer nie meer die oewer kon uitklim nie.

Die mense sterf nou op soek na twak. Geen wet of maatreël wat ons moet beskerm teen die virus, maar nie gegrond is op wetenskap óf redelikheid nie, moet iemand se dood veroorsaak nie.

Reg of verkeerd, mense gaan tabak soek. Die staat kan nie vir hulle sê jy mag nie rook nie, en vanaand hou jy skielik op. Die staat moet pa staan vir Bianca se dood. Verlede week het een van ons plaaswerkers, Babsie Majoro, naby Badfontein ineengestort. Hoewel daar onderliggende siektes is, was die lus vir tabak – en die skade weens tabak – van die probleme.

Hy moet deur sy ma in die dorp versorg word, wat self ineengestort het weens diabetes en nie in die hospitaal op Smithfield versorg kan word nie weens te min verpleegperso-neel weens Covid-19. In dieselfde huis is twee mense siek weens Covid-19. Ek kan dus nie Babsie terug op die plaas toelaat as hy nie ’n Covid-19-toets ondergaan het nie. En die kliniek in die township was gesluit weens die virus. In huise sterf twee mense aan die virus. Op een slag is 13 polisielede van die Rouxville-polisiekantoor siek.

Dan hoor jy van arm tuinwerkers, iemand soos Bianca Jacobs, wat R7 vir een sigaret moet betaal – en dit van polisielede wat dit onwettig verkoop.

Die sirkel van siekte, mislikheid en geen dienste is dodelik. Pretty Jonas, Dingaan se skoondogter, word van die einste hospitaal weggestuur om tuis te kraam, want daar is nie ’n verpleegster of dokter beskikbaar nie. Skoonma Mosalanja mag nie help nie. Maar eindelik stuur sy ’n boodskap: “I’m done! It’s a boy.” Ondanks die regering, wil ’n mens sê.

Dan hoor jy van arm tuinwerkers, iemand soos Bianca Jacobs, wat R7 vir een sigaret moet betaal – en dit van polisielede wat dit onwettig verkoop. Sigarette wat hulle van onwettige verkopers afneem, natuurlik. Meestal sigarette wat uit Lesotho of Namibië die land instroom.

Mense word ryk uit onwettige sigarette, baie van hulle staatsamptenare, terwyl mense soos Bianca sterf. Daar is geen redes van die soustreinryers en tenderdiewe oor hoekom jy nie twak mag kry nie.

Soos met sogenaamde onwettige diamante glo ek nie daar is iets soos ’n onwettige sigaret nou nie. As dit die geval is, moet baie polisielede in die selle sit vir smokkel.

Hoekom is generaals nie aangekla wat lustig dampies maak langs die struggle-held Andrew Mlangeni se kis nie?

Die noodkrete vir werk en kos word oorverdowend. Die moordsyfer styg. Nou vang smokkelpolisiemanne kamstige sigaretsmokkelaars. Belaglik.

En talle soos Bianca Jacobs sterf hygend en bibberend. Sy is nou vry van twak én van die ANC-regering.

Meer oor:  Charles Smith  |  Sterftes  |  Honger  |  Koronavirus  |  Rookverbod  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.