Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: 174 gaste? Ontspan, dis nie ’n partytjie

Haar pel Aston

Nomvula Mokonyane, die eksminister wat in 2017 gesê het die rand kan maar val, ons tel hom net weer op, sê dis bog dat sy omgekoop is met ’n Aston Martin van R3 miljoen toe sy premier was van Gauteng. Die vuurwa was eintlik maar net ’n tipe geskenk van ’n familievriend, wat R2,2 miljoen bygedra het in die hoop dat hy saam met Mokonyane se oorle’ man ’n vet kontrak by Eskom sou losslaan. So het die eksminister die afgelope week voor die Zondo-kommissie getuig. Sy het beklemtoon sy het self amper R900 000 bygedra vir die motor – haar 50ste verjaardaggeskenk – want “ek het my eie trots”. En toe: “Ons is ’n familie met vriende wat ons pyn verstaan het om altyd van geleenthede beroof te word.”

Pollux wil nuwe vriende hê.

Gaan groot

Nomvula het ook gate geskiet in vroeëre getuienis dat Bosasa, oorle’ Gavin Watson se sindikaat, destyds vir haar peperduur 50ste-verjaardagpartytjie by ’n gastehuis in Krugersdorp(!) betaal het. Nee, nee, nee, protesteer sy – jul feite is verkeerd. Die was nie ’n partytjie nie, maar ’n ete. En sy het eintlik 40 geword. Getuies het bevestig daar was 174 mense by die ete.

As dit ’n “ete” is, hoe lyk haar partytjies?

Beurtkrag? Geen probleem!

Landsburgers wat Vrydag besef het hulle kan nie die loopbaan van Bongani Bongo, Mokonyane se kursus in kreatiewe geskiedskrywing voor die Zondo-kommissie of die jongste oorgeklankte telenovelle op TV volg nie omdat die krag af was, het voorwaar die ekstra myl afgelê deur hul sellulêre toestelle se batterye vol te laai sodat hulle ondanks Eskom se beste pogings op Twitter kon skryf:

VoetsekANC!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.