Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Frau Zille word stil en die voëltjie fluit

Is die ‘Zillenator’ op die planke?

Pollux kry die idee dat Suid-Afrika se voorste Twitter-vinger uiteindelik haar laaste twiet gestuur het.

In die groot, donker DA-bos het meer as een voëltjie die afgelope week in Pollux se oor gefluit dat dit miskien nou tyd is vir die mêrrim om te gaan.

En is Frau Zille nie die stilte opgelê nie!

Nadat sy die afgelope week aanvanklik ingestem het dat Rapport haar onder kruisverhoor neem, het sy teen die einde van die week laat weet, nee, dit kan nie meer gebeur nie. Ook ’n meningsartikel uit haar pen – wat vandag op hierdie blaaie sou verskyn – is ter elfder ure gekanselleer.

Die Zillenator herinner Pollux sterk aan Muhammad Ali wat, nadat hy George Foreman in die “Rumble in the Jungle” ore aangesit het, begin glo het hy kan vir ewig aanhou baklei.

Vraag is net: Wie gaan die Leon Spinks wees wat uiteindelik die mêrrim oorreed om haar doilies op te hang?

Tuks val toe vir twak oor twak

Vir baie van ons sal dit dalk effe vreemd voorkom as ’n minister aan ’n universiteit probeer voorskryf oor wat die studente en personeel in hul vrye tyd mag doen.

Maar by die Universiteit van Pretoria is die professore blykbaar so gewoond om te spring as die minister sê hup dat hulle ’n week gelede ’n diktat uitgereik het wat bepaal dat geen student of dosent mag rook terwyl die verbod op die verkoop van sigarette van krag is nie.

Behalwe natuurlik dat kameraad Blade, op sy dag self ’n roker, nooit só ’n opdrag uitgereik het nie. ’n Rooigesig-registrateur, prof. Caroline Nicholson, moes toe nóg ’n diktat uitreik om haar vorige diktat ongedaan te maak met ’n verduideliking dat, wel, hulle vir fopnuus geval het.

As Pollux Tukkies se proffies enige raad kan gee, is dit: You can please some of the ministers some of the time, but you can’t please all of the ministers all of the time.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.