SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Hou net aan staak, alles gaan regkom

Steenhiaen hates blaks

Die Numsa-grootbaas Irvin Jim vaar die afgelope week op Twitter uit teen . . . teen . . .

Jammer, nadat Pollux die twiet drie maal gelees het, is hy nie meer seker teen wat Rooi Jim dit het nie. Dit lees (in Engels, want wat volg is onvertaalbaar): “J Steenhiaen of DA propangandist is for racist legacy of Toney Leon and Zille if he doubts he must go and ask Maimane, Confused Mashaba and he is just being used to help extreme right wingers in politics who thinks that blaks and Africans don’t deserve to own the SA Economy?”

Om regverdig te wees moet Pollux uitwys dat Jim later sy twiet gekorrigeer het: “His right name I am correcting my spelling apologies for renaming this racist apologist and opportunist his correct name is (John Stuynheissen).”

Nee, Jimmy, dis STEENHUISEN. En verlaag onmiddellik die dosis van wat dit ook al is wat jy gebruik!

Bly in jou aanloopbaan

Pollux, soos talle belastingbetalers in die land, hou die staking by die SAL met belangstelling dop, veral nadat Pravin Gordhan al weer nie Helen Zille se raad gevolg het deur “in sy baan” te bly nie en met die stakende vakbonde vergader het.

Wat die agbare Minister van Alles die reg gee om bo-oor die koppe van die SAL se bestuur en direksie met stakende werkers te vergader oor lone, sal net hy weet.

Die SAL kán geld maak

Pollux lees dat die SAL die pas afgelope finansiële jaar ’n verlies van R31 miljard gely het. Dis ’n reusagtige R85 miljoen per dag.

Volgens ander berigte weer ly die lugdiens tans ’n verlies van R40 miljoen per dag omdat lede van twee vakbonde weier om op te daag vir werk.

Pollux was nog nooit goed met somme nie, maar beteken dit die staking is eintlik finan­sieel voordelig vir die lugdiens? As hulle so aangaan, staak Numsa nog die lugdiens tot winsgewendheid.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.