SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Is rommelstatus net ’n dreigement?

Suur druiwe

Pollux hoor die voormalige Engelse senter Jeremy Guscott wil rugbyreëls verander sodat spanne net drie plaasvervangers, in plaas van die huidige agt, kan gebruik.

Wanneer ’n halwe span opkom met vars bene en skerp koppe, teen ouens wat naby aan uitputting is, word die spel verby die grense van normaliteit gedruk, meen onse Gus.

Dis nie vir Pollux lekker duidelik wat Gussie bedoel nie. Is dit altyd abnormaal of is dit net abnormaal as ’n span wat teen Engeland speel dit doen?

Pollux stem saam dat daar heelwat is wat gedoen kan word om rugby beter te maak. Kom ons begin met ’n reël wat suur Engelse verbied om die reëls te verander net omdat dit hulle nie pas nie.

Kort voor lank

Met die wêreld wat nou al hoe warmer vir ene D.J. Trump word, wonder Pollux wanneer “You’re Fired” uiteindelik ge-fire gaan word.

Klink vir Pollux baie soos Suid-Afrika se rommelstatus. Slimjan-ekonome hier te lande waarsku al die afgelope vyf jaar dat Suid-Afrika “voor die einde van die jaar” tot rommel afgegradeer gaan word. Maar dit wil net nie gebeur nie.

Ongeletterd

Verlede week raai ’n kollega van Pollux op hierdie blaaie die DA-grootkoppe aan om hul “velskoene aan te trek” en die mense van die Matzikama-munisipaliteit aan die Weskus te gaan help om ’n korrupte ANC-raad uit te skop.

Maar omdat die DA-grootkoppe hulle net steur aan dit wat op Twitter geskryf word, het hulle nie opgedaag nie en die DA het sy soveelste tussenverkiesing die afgelope tyd verloor. En sleg verloor.

Maar waarom verbaas wees? ’n Kollega van Pollux vertel toe hy vroeër ’n DA-werknemer uitvra oor die party se kanse in Ma­tzikama het die persoon verstom gereageer: “Waar is Matzikama?”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.