Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Jan ’n bielie, maar nie van aandele

Hou jou by jou lees

’n Kollega stuur die afgelope week vir Pollux die verslag van die ondersoek wat gedoen is na aanleiding van die korrupsiebewerings teen Eskom se hoofingenieur, Jan Oberholzer.

Een van die bewerings was dat Oberholzer aandele in die konstruksiemaatskappy Stefanutti Stocks besit het terwyl hy ’n kontrak aan die firma toegeken het.

Dit blyk nou dat Oberholzer wel sowat 36 000 aandele in die maatskappy besit het. Hy het egter sy aandeelhouding – wat destyds sowat R104 000 werd was – aan Eskom verklaar toe hy in Julie 2018 aangestel is. Sover die slegte goeie nuus.

Die slegte nuus is dat die arme Jan die aandele twee jaar later van die hand gesit het toe dit slegs 16 sent per aandeel werd was – ’n verlies van amper R100 000. Die opbrengs, ’n skamele R5 600, het hy aan die Lewende Woord-kerk geskenk.

Pollux hoop Onse Jan is beter met die regmaak van kragstasies as wat hy is om die aandelemark te speel.

Die kudde is altyd reg

Donald Trump het die afgelope week sy landgenote gerusgestel dat die korona­virus gou sal verdwyn omdat Amerikaners besig is om ’n “kudde-mentaliteit” te ontwikkel.

Dit het Pollux goed drie minute geneem voordat hy besef het die Trumpoenkop eintlik “kudde-immuniteit” bedoel – daai ding wat gebeur as genoeg mense ’n siekte gekry het wat beteken dat die kwaad nie meer so vinnig kan versprei nie.

Miskien moet die snare van AfriForum aan hul vrind verduidelik wat die verskil tussen die twee is as hulle weer in Washington gaan kuier.

Kudde-mentaliteit, daarenteen, is wanneer miljoene mense vir ’n sakeman met ’n rooi das stem sonder om te besef dat die keiser kaal is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.