Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: JZ siek, Ace 60 – en Bokke vuurwarm

Dodelik Schiek

Watter siekte het Jacob, die Vader van Vele, tog onder lede?

Dit moet iets ernstigs wees, aangesien die voormalige nommer een reeds Woensdag laat weet het dat hy te siek gaan wees om volgende week voor die Zondo-kommissie te verskyn.

Iets régtig dodelik, miskien? Dalk iets wat hy by Schabir Shaik aangesteek het?

Acig op sestig

Die nasie se gunsteling EsGee, die nimlike Ace of Thieves, het verlede Sondag sy 60ste verjaardag gevier.

Om die geleentheid te vier, het die ANC- publisiteitskantoor ’n kort verklarinkie die lig laat sien om die Ysman se lof te besing. Die nasie word opgeroep om die “beautiful magnificent day” saam met kameraad Elias Sekgobelo Magashule (want dit Ace hy) te vier.

“It was during this joyful day of the 3rd of November. that the science of nature, brought this outstanding revolutionary of our movement. into the horizons of our mother earth, in every life of a human being, turning sixty is one of the greatest milestones and indeed.”

Waarom die vreemde punte en die abrupte einde weet Pollux nie, maar hoe dit ook al sy, die lofprysinge stu voort vir ’n verdere 2 527 woorde.

Merkwaardig as ’n mens in gedagte hou dat die woorde “Vrede”, “melkplaas” of “Gupta” nie een van hulle is nie.

Brand! Brand!

Pollux het nogal kopgekrap oor die twee brandweerwaens wat Donderdag die Springbokke se trofeetoer deur die strate van Pretoria vergesel het.

Hy verstaan dat Steven Kitshoff effens rooier is as die volgende ou, maar twee brandweertrokke is seker effens oordadig?

Of is dit dalk dat die vuurrooi trokke saamgestuur is om die manne so bietjie af te koel? Want dit het gelyk of van hulle vroegdag al sommer vuurwarm was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.