Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Kapers laat Markus toe lekker tuis voel

Hier's ek weer in Roelandstraat

’n Hooggeëerde politieke kommentator wonder die afgelope week hardop waarom Markus Jooste in die parlement verskyn om vrae te antwoord en nie in die hof nie.

Goeie punt. Die Stellenbosse boykie moes taamlik veilig en geliefd gevoel het terwyl skandalig onvoorbereide LP’s lollipop-vrae na hom boul wat hy met groot gemak oor die grenshou kon moker.

Maar daar is ook ’n ander rede waar­om Markus redelik tuis moes voel: Onder diegene wat hom met vrae gepeper het, was ’n hele paar staatskapers wat ook eerder in die tronk as in die parlement moet wees.

Verkeerde vrou

Elmien du Plessis, die regsprofessor van Noordwes, moes sekerlik die afgelope week sukkel om haar lag te hou toe sy deur die EFF-LP adv. Thilivhali Mulaudzi uitgekryt is as “AfriForum in disguise”.

Was dit dan nie die einste prof. Du Plessis wat vroeër vanjaar in ’n moerse bekgeveg met die Kallie & Roets Show betrokke was nadat sy gesê het hul syfers oor plaasmoorde klop nie.

Verkeerde kind

Die feit dat Mulaudzi dink alle wit mense lyk dieselfde, was egter nie vir Pollux

’n groot verrassing nie. Die geleerde ad­vokaat erken dan nie eens sy eie kinders nie.

In 2016 het hy aangedring dat vaderskapstoetse gedoen word om te bewys dat hy die pa is van drie kinders – vir wie hy in daardie stadium reeds drie jaar lank onderhoud betaal het.

Kameras. Aksie!

So van die Kallie & Roets Show gepraat. Neef Roets se perkate in die parlement laat Pollux wonder of hy nie sy eintlike roeping gemis het nie.

Sy voorlegging is met soveel teatrale verontwaardiging gelewer dat Pollux begin wonder of die TeeVee of verhoog nie sy eintlike roeping is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.