Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: LP’s, versigtig met daai toestelle . . .

Speelgoedsoldaatjie

Synde so ’n breë kerk is die nieu-dôn-ANC steeds die tuiste van veterane wat hul handjies stompies geveg het vir die vryheid nie van die mense nie, maar van JZ. Só vind Pollux hom deel van ’n perskonferensie deur die MK Military Veterans Association, handpop waardeur Ace Magashule buikspreek, by Luthuli-huis.

Hulle wou oor Jessie Duarte se persverklarings kla en oor die jammerlike feit dat jy deesdae selfs oor Skype niks van waarde by die Guptas kan vra nie.

In beheer was die ANC se gunsteling-speelgoedsol­daatjie, Carl Niehaus.

Met vraetyd wou joernaliste wat oor die internet deelgeneem het nog ’n paar dinge by Carltjie weet. Toe kondig hy summier aan almal se vrae is reeds beantwoord, baie dankie.

Nee, Carltjie. Oor jou het ons áltyd vrae.

DA-LP op eisj

Hierdie nuwe zoem-zoem-vergaderings dryf Pollux teen die mure uit, maar soms het dit sy voordele – soos geïllustreer deur ’n virtuele vergadering van die nasionale vergadering hierdie week.

So halfpad deur die verrigtinge, tydens ’n vreeslik waardige toespraak deur die ACDP se eerw. Kenneth Meshoe, verloor een van die agbare lede beheer oor sy toestel en saai toe dinge uit wat Pollux meen hy nie graag met die wêreld wou deel nie. Die DA-LP Tsepo Mhlongo het per ongeluk die unmute-knoppie gedruk en so kom die res van die land agter dat hy die sitting van die Nasionale Vergadering bywoon in . . . sy plaaslike bottelstoor. Oeps.

Hoop die DA-leier John Steenhuisen neem kennish van hoe ernsthig mishter Mhlongo shy phligte ash parlementariër opneem. Hik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.