Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Met werkloosheid klop SA die VSA ver

Popo in die spam-fan

’n Kollega van Pollux stuur onlangs ’n lang lys vrae aan ene Popo by die departement van gesondheid wat handel oor die voorgenome Nasionale Gesondheidsversekering. Nadat sy ’n paar dae lank niks van die departement hoor nie, bel sy weer.

“Jammer,” kom die antwoord, “jou e-pos het in ons spam-boks beland.”

Pollux vermoed as die NGV-popo eers die fan slat, sit ons almal in die spam.

SA hou goed by met VSA

Eish Magashule praat die land die afgelope week moed in deur te sê ons gaan verniet so tekere oor werkloosheid. Dis ’n wêreldwye verskynsel.

Pollux het gaan navorsing doen en waaragtig, Eish is reg. Suid-Afrika is nie die enigste land in die wêreld met dié probleem nie. In Amerika is daar byvoorbeeld op die oomblik 6,3 miljoen mense werkloos. Wat nie sleg vergelyk met ons 6,7 miljoen werkloses nie.

Pollux is saam met Eish trots – ons hou mooi kers vas by die Yanks.

Wonder wat sal Eish doen as hy uiteindelik besef dat Amerika ’n bevolking van 329 miljoen het – teenoor Suid-Afrika se 58,8 miljoen.

Ware patriotte

Pollux sien Japan se rugbyspan word deesdae aangevoer deur Lappies Labuschagne.

Liewe genugtig. Wat is volgende? ’n Pretorianer wat vir die Blou Bulle speel?

Gee arme OB ook ’n kans

Pollux was saam met ’n vuisvoos nasie baie opgewonde oor die nuus dat ons vrouesokkerspan, Banyana Banyana, die eilandnasie Comore met 17-0 afgeransel het.

Pollux se ondeunde kollega sê hulle kon maar gerus ons openbare beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, ook ’n paar minute speeltyd gegee het.

Dan kon sy ook darem vir ’n slag voel hoe dit is om iets te wen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.