Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Onthou jy nog toe die staat gekaap is?

’n Vergeetbare bruilof

Vuyisile “Ek-kan-nie-onthou-nie” Ndzeku, direkteur van die lugvaartmaatskappye JM Aviation, het die afgelope week vir vet pret by die Zondo-kommissie gesorg.

Die vergeetagtige Ndzeku het later vir regter Raymond Zondo skoon oorhoops gehad weens sy swak geheue.

So kon Ndzeku op ’n stadium nie eers onthou wanneer hy en sy vrou getroud is nie.

“As ek nie kan onthou nie, kan ek nie onthou nie,” het hy op ’n stadium by die regter gepleit.

“As jy nie kan onthou nie, beteken dit nie dat jy oneerlik is nie. As jy onthou, onthou jy. As jy nie onthou nie, dan onthou jy nie.”

Pollux het simpatie met Ndzeku. Hy wens ook party dae hy kan die hele Zupta-staatskaping-ding ook net uit sy geheue vee.

Tuisbly-droom

Pollux, synde ’n man van aksie, is altyd bly vir enige tekens van besliste optrede – maak nie saak van waar nie.

Daarom is hy so opgewonde oor die ANC in die Zoeloe-koninkryk se besluit om daardie nare reukie wat in Durban in die lug hang op “afwesigheidsverlof” te plaas.

Wat maar net beteken dat kameraad Zandile Gumede, die voormalige Durbanse burgemeester wat intussen na die wetgewer “herontplooi” is, nou haar aansienlike salaris tuis kan verdien, eerder as om uit die bed uit op te staan daarvoor.

Skaamteloos

Hoe spoor mens meer as ’n 1 000 spookwerkers op jou betaalstaat op? Baie maklik – soos die Tshwane-stadsraad pas ontdek het. Jy hou net op om hulle te betaal.

Hulle sal gou bel om te vra wat van hulle geld geword het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.