Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Politici wat net vat, SS-skole en lemme

Niks in ruil nie

Pollux lees McCyril het Donderdag die nasie gerusgestel dat diegene wat destyds miljoene aan sy ANC-presidentsveldtog geskenk het, so gedoen het sonder om “enigiets in ruil te verwag”.

Die blote gedagte dat ’n mens enigiets vir ’n politikus sou doen sonder om iets in ruil te verwag, is buitensporige onsin – totdat Pollux besef het dat in Ramaforie se geval dat miskien tog waar mag wees.

Want die miljoenêrsakemanne wat miljoene vir RamaTalm gegee het in die hoop dat hy dringend iets gaan doen om die ekonomie aan die gang te kry, het inderdaad niks in ruil gekry nie.

Heil Rietondale!

Pollux merk met groot verligting op dat die Hoërskool Hendrik Verwoerd in Pretoria nie meer gebuk hoef te gaan onder die naam van die apartheidsvader nie.

Voortaan sal die skool as Rietondale Senior Sekondêr bekend staan. Of sommer net Rietondale SS.

Rietondale wat? Pollux was altyd onder die indruk dat die SS die werklik nare ouens was. Dis wat kom van te veel flieks kyk.

Giftig!

Pollux het nie eintlik geld om op die aandelemark te verkwis nie, maar was nietemin geïnteresseerd dat Procter & Gamble, eienaars van Gillette, ’n handelsmerk wat reeds 118 jaar met ons is, verlede maand $12 miljard van die maatskappy se waarde moes afskryf.

Procter & Gamble pak die skuld vir Gillette se probleme daarop dat die ruwer tipes, soos Pollux, deesdae minder skeer.

Maar kêrels met ’n fyner oog blameer ’n advertensieveldtog vir Gillette se probleme. Daarin het hulle gebruikers van hul produk aangemoedig om van hul “toksiese manlikheid” ontslae te raak. Vermoedelik kan ’n mens dit doen deur te skeer.

’n Ander manier is natuurlik om bloot op te hou om skeermeslemme te koop by ’n maatskappy wat dink jy is “toksies”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.