Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Pous se vingerfout en ’n ware warboel

Hup-hup

Die hel is los in die Vatikaanstad nadat dit aan die lig gekom het dat die pous ’n foto van die (altyd) skrapsgeklede Brasiliaanse swemkleremodel Natalia Garibotto “gelike” het.

Pous Franciskus sê dis nie hy nie, sy Instagram-rekening word namens hom bestuur deur ’n horde raadgewers. En die raadgewers sê aikôna, waarom sal hulle foto’s van halfkaal meisies kyk as hulle net wanneer hulle wil na Michelangelo se Adam in al sy kale glorie kan gaan staar.

Pollux kon natuurlik nie wag om self ’n ondersoek ter plaatse te begin nie en rapporteer graag dat die pous duidelik nog baie huppel in sy knuppel het.

Harlaboerla

Die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) is die jongste internasionale sportliggaam wat van rassisme beskuldig word.

Ismail Dawood, ’n man wat vroeër as paaltjiewagter diens gedoen het in Engelse graafskapkrieket, sê hy het by geleentheid gehoor hoe daar rassistiese taal in die teenwoordigheid van senior personeel van die ECB gebruik word sonder dat enigeen daaroor aangepraat is. Hy vra nou vir ’n onafhanklike ondersoek omdat hy “absoluut geen vertroue” meer in die ECB het nie omdat die krieketraad in ’n “absolute warboel” is.

Kyk, Pollux is slim genoeg om hom nie uit te laat oor enige kwessie waar rassisme ter sprake is nie, maar hy wil tog vir mnr. Dawood aanraai om eers te kom kyk hoe dinge in Suid-Afrika gedoen word voordat hy sy eie krieketraad as ’n “absolute warboel” beskryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.