Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Prof. Jansen, I presume?

The ego has landed

Suid-Afrika se grootste ego, doktor professor mevrou dominee Jonathan Jansen (die eerste en enigste) deel vroeër hierdie week die volgende brokkie oor sy besoek aan ’n boekwinkel op “Stellies” met sy 109 000 Twitter-volgelinge:

Me: Good morning

She: Waarmee kan ek help?

Me: I need stationery

She: Is jy die Prof van die Vrystaat?

Me: No, I’m DJ Black Coffee

(now you know why black people sometimes flip because of language intolerance)

Pollux se geloof in die mensdom is herstel deur die feit dat honderde van Joontjie se twitter-volgelinge darem nog in staat is om ’n pompeuse poephol te erken vir wat dit is – ’n pompeuse poephol.

Op die allerminste kon die pompeuse een ten minste soos Oliver Twist gemaak het deur te vra: May I have some stationary, PLEASE.

Barmy Army

Pollux moes die afgelope week gelawe word nadat hy van die nuutste stommiteit uit die raadsale van Krieket Suid-Afrika te hore gekom het.

Die krieketbase verseg om die name van die nasionale keurders bekend te maak – glo omdat dit nie in die belang van “kollegialiteit en samehorigheid” is nie. KSA se hoof van “kommunikasie”, Thamie Mthembu, meen krieketaanhangers wil nie weet wie die nasionale span vir die kritieke toetsreeks teen Engeland gaan kies nie! Dalk moet ons sommer ’n klomp gemaskerde Proteas in die veld stoot teen die Engelse. Natuurlik sal dit die lewe vir tellinghouers en toeskouers bietjie moeiliker maak, maar dis ’n klein prys om te betaal vir ’n bietjie kollegialiteit.

Gepraat van toeskouers. Soos die Proteas onlangs op die veld skandes gemaak het, sal Pollux hul ondersteuners ook glad nie verkwalik as hulle die komende toetse met ’n bruin papiersak oor die kop wil bywoon nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.