Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: R2 m. vir regbank warm sit klink reg

Net pleinweg lui, u Edele

Terwyl sommige desperaat van die huis af swoeg om die wêreld aan die tol te hou, is daar ander landgenote wat bloot leeglê.

Soos sommige regters, wat weier om tuis te werk omdat die staat nie vir hulle ’n skootrekenaar gegee het nie.

Nouja, as Pollux amper R2 miljoen per jaar verdien het – en dit steeds kan verdien, selfs al snoei hy die heel dag rose – sou hy seker ook ’n paar verskoninkies kon uitdink om die vakansie vir ewig te laat aanhou.

Laat Pollux raai: Die regters wat hier kla, is dieselfde lot wie se uitsprake jare agterstallig is. Soos die een hoogedele in Pietermaritzburg wat verlede jaar aangekla is vir ’n uitspraak wat ses jaar agterstallig was. Mens wonder hoekom belastingbetalers hoegenaamd vir hulle rekenaars moet koop. Want gebruik hulle dit ooit?

Als net ’n droom

Die Nelson Mandela-stigting se wieletjies wobble nou al geruime tyd, maar nou het dié lot die plot heeltemal verloor.

In hul jongste predikasie vaar hulle uit teen polisiegeweld wêreldwyd (niks daarmee fout nie), maar praat dan die geweld deur betogers goed omdat die doel blykbaar die middele heilig. “Now is the time,” dreun hulle voort, “for sober assessment of a resilient white supremacy in our country, the US and globally.”

Ekskuus? Suid-Afrika word regeer deur wit heerssugtiges? Was Mandela se ‘long walk to freedom’ dan net ’n droom?

Wegwedstryd

’n Maklike teiken, Pollux weet, maar hulle maak daarna: In Australië oorweeg die rugbybase dit om die klank van ’n groot skare oor luidsprekers te speel tydens wedstryde in leë stadions sodat kykers by die huis steeds kan gees vang.

’n Vindingryke idee, maar Pollux wil net vir SuperSport waarsku om nie die klank te hard te draai op Loftus nie. Netnou dink die Bulle dis ’n wegwedstryd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.