Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Regstreekse TV is nie vir sissies nie

Ingels vir selfverdediging

’n Mens moet senuwees van staal hê vir ’n direkte televisieuitsending. Vra maar vir die eTV-joernalis Nickolaus Bauer wat Vrydag tydens ’n direkte uitsending van ’n boer op Senekal wou weet wat hy van die situasie daar dink.

Die Vrystater was aanvanklike effe skugter en het probeer verduidelik dat sy Ingels nie “very fluent” is nie. Maar Bauer stel hom gerus: “Praat maar Afrikaans as jy wil.” Waarop die Vrystater terugkap: “My f*k, nou hoekom sê jy nie so nie!”

Pollux weet nie vir wie hy die jammerste voel nie. Die Vrystater wat op nasionale televisie gedwing word om die vyand se taal te praat of Bauer wat sekerlik gesukkel het om sy lag te bedwing nadat hy in sulke suiwer Afrikaans uitgetrap is.

Oukei, as jy so sê

Bauer is ’n kêrel wat regtig die slegste in Suid-Afrikaners na vore bring.

Toe hy destyds in die strate van Braamfontein tydens ’n regstreekse uitsending by ’n jong vrou wou weet wat sy van die bedanking van oudpres. Jacob Zuma dink, was haar antwoord: “He must go, he is just a motherf*cker.”

Waarop Pollux net kon antwoord: And so say all of us.

Heyo, it’s off to work we go

As jy hierdie week jou kop geskud het oor Cereal se belofte van honderde duisende werkgeleenthede binne die volgende paar maande was jy nie die enigste een nie.

Die EFF se Floyd Shivambu herinner die nasie aan Tito Mboweni wat in Mei 2016 op Twitter uitgevaar het teen “regeringsamptenare” wat beloof dat “ons hierdie jaar 100 000 werksgeleenthede gaan skep”.

Waar moet hierdie werk vandaan kom? wou Tweeto destyds weet. Dis wat Pollux ook wonder . . .

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.