Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Spoorloos met én sonder die Guptas

Stukkie biltong

Pollux sien die buffelboer wat soms diens doen as die nuwe nammawan het ’n halfmiljoen Mandelas op ’n bul uitgegee.

Is dit nie presies die bedrag wat Cyril blykbaar van Bosasa se Watson present gekry het nie?

Spoorloos

Lesers met langer geheues as Pollux sal die naam Mthuthuzeli Swartz onthou as ’n voormalige waarnemende hoof van die land se passasierstreine.

Die afgelope week het die heer Swartz weer sy verskyning gemaak – hierdie keer as ’n beskuldigde in ’n hofsaak waarin hy aangekla word van die diefstal in 2012 van 42 km se spoorlyn tussen Maclear en Sterkstroom.

Nou hoor Pollux dat iemand vergeet het om die destydse minister van openbare werke, ene Malusi “Gupta” Gibaba van die spoorlose verdwyning te vertel. Want in 2014 het Gigabyte die onderhoud aan dié nie-meer-bestaande spoorlyn op tender uitgesit.

Sjym, lyk my as die Guptas nie vir Giga-baba rigting gegee het nie, was hy heeltemal spoorloos.

Wat maak oom Kallie daar?

Kallie kom by Mike en sê sy pêl moet hom asseblief uithelp. Hy wat Kallie is kuier by die dominee se vrou en wil hê Mike moet Sondag ná kerk die dominee bietjie besig hou sodat hy ’n paar minute langer in die pastorie kan vertoef.

Mike voel effe ongemaklik oor dié plan, maar stem uiteindelik in. Sondag ná kerk stap hy na die dominee en begin geselsies maak. Dominee ruik egter vinnig lont en vra vir Mike waarom hy skielik so ’n ywerige gemeentewerker is.

Mike se skuldgevoel kry die oorhand en hy kom met die sak patats vorendag.

“Kallie slaap by jou vrou, dominee,” bieg hy. Dominee bly lank stil voordat hy antwoord: “Mike, jong, ek dink jy moet maak dat jy by die huis kom. My vrou is al ’n jaar gelede dood.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.