Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Toemaar, Malema skiet mos metafore

Unisa se groot mamparra

Die Unisa-dosent en politieke “analis” William Mpofu sê die afgelope week hy vind niks fout met Julius Malema se dreigement dat hy en sy makkers polisielede “in hul eie huise sal beveg” omdat hulle teen misdadige elemente in die rooi brigade wil optree nie.

Daar is niks skadelik aan sulke dreigemente nie, meen dr. Mpofu, want die supreme commander gebruik maar eintlik net ’n “politieke metafoor”.

Wat Pollux laat wonder waarom daar hoegenaamd van belastingbetalers verwag word om kos in die mond van sulke akademiese mamparras te sit. En dis geen metafoor nie.

Geseënde Kersfees. Sê dit weer!

Een van die (talle) dinge wat Pollux onderkry, is deesdae se polities korrekte gewoonte om mense “feesgroete” toe te wens pleks van “geseënde Kersfees”.

Maar partykeer kyk ook die polities korrektes op hul neus. Pollux kry vroeër die week ’n e-poskaartjie om hom die niksseggende “Feesgroete/Season’s Greetings” toe te wens.

Maar om te wys hoe “inklusief” die afsender van die groete is, word die boodskap in al die ander landstale herhaal.

Maar o wee!

Die Zoeloes (Izilokotho ezinhle zikakhisimusi) en Sotho’s (Ditumediso tsa keresemose) gee klaarblyklik nie ’n duit om wie hulle aanstoot gee deur hul onapologetiese verwysing na die Christusfees nie.

Halleluja, wil Pollux uitroep. Êrens in die droewe land is daar nog mense wat ongeërg deur die polities korrekte sleurstroom waad. Welgedaan.

Dankie vir ’n vol gat

So van Krismis gepraat: Pollux is saam met die mense in die noorde van die land die Goeie Gewer ewig dankbaar vir die goeie reën wat geval het.

Die meeste van die dorpe in Noordwes en Limpopo se slaggate is amper vol.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.