Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Valke, nie die ANC nie, kry die memo

Die ABC van korrupsie

Toe Cyril Ramaphosa in Augustus aankondig dat hy die ANC wil omskep in ’n politieke party, was baie Suid-Afrikaners, veral dié wat nie juis glo in “sien is glo” nie, verlig – verby is die dae van die ANC as ’n misdaadsindikaat! Alle ANC-lede wat selfs net beskuldig word van korrupsie, sou gevra word om hul sluitkassies in Luthuli-huis te gaan leegmaak en hul swart amps-Jaguars weg te trek van waar dit al jare buite staatsdepartemente en die parlement op die parkering vir eerlike gestremdes gestaan het. Pollux is mos maar skepties en het gereken Cyril se A-Z-regrukplan sal vasval by A (vir “Ace”), B (vir “Bongani Bongo”) en C (vir “Carltjie Niehaus”, Ace se hans hanswors wat kamoefleerdrag aantrek sodat hy dadelik raakgesien kan word). Terwyl die Valke klaarblyklik gedink het Cyril was ernstig oor korrupsie en dié week vir Ace Magashule gegryp het – ’n blye dag waarvoor Pieter-Louis Myburgh, skrywer van Gangster State, ruim krediet verdien – is die ANC self alweer bietjie agter: Die verwydering van Maga­shule as sekretaris-generaal is by Dinsdagaand se dringende vergadering van die top-ses-leierskap nie eens bespreek nie.

Ten minste het die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, gesê ANC-leiers sou Magashule nie in hul amptelike hoedanigheid by die hof gaan ondersteun nie. En Ace wil sy gesig nie op T-hemde sien nie . . .

‘Fopnuus’

Toe Gangster State in Maart 2019 die rakke tref, wou die ANC-jeugliga in die Vrystaat dit verbrand en het die ANC self die boek in ’n verklaring à la dáárdie Trump “fake news” gedoop wat boonop deel van ’n “anti-swart agenda” was. Pollux reken egter Ace en sy lakeie is deels reg as hulle van ’n veldtog teen hul pappabeer praat. Baie ander het immers gedoen wat Ace gedoen het, en moet nog betaal daarvoor.

Maar ’n mens moet seker iewers begin!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.