Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: ‘Veilig ingeryg’ soos sardyne teen virus

Hepa go lucky

As Mr Fixit Mbalula nie besig is om te breek wat reeds heel is nie, dan maak hy sy naam alie. Soos die afgelope week toe hy verduidelik hoe veilig dit is om te vlieg.

Die teorie, aldus Trumpoen Mbalula, is soos volg: ’n Vliegtuig beskik oor ’n spesiale lugfilter met die naam Hepa. En ’n vliegtuig is anders as ’n taxi. As jy eers in is, dan kan jy nie uit nie – jy is compressed daar binne. En dit gee daai filter genoeg kans om al die virusse op te eet – insluitende die lastige koronavirus.

Pollux het al in ’n taxi en ’n vliegtuig gery. En hy kan die minister verseker: Jy is baie meer compressed in die gemiddelde taxi as in ’n vliegtuig. Hepa of te not.

Stille wraak

Luidens berigte in die koerante van “Just call me Doc” Iqbal Survé is misterieuse magte aan’t smee aan planne om die goeie geneesheer “stil te maak”.

Pollux stel voor dat hulle ophou om hul tyd te mors. Niks gaan Survé se mond so gou snoer as die ontbloting van sy ongure finansiële transaksies van die afgelope paar jaar nie. En daai fliek draai reeds in ’n teater naby jou.

Stilbly is ook ’n antwoord

As daar nou een les is wat Pollux nog nooit onder die knie kon kry nie, is dit dié een: Die feit dat iemand anders ’n eiertjie gelê het, beteken nie dat jy ook daaroor móét kraai nie.

Iemand wat die les wel goed geleer het, is die skrywer Zirk van den Berg, wat onlangs ’n pot vol geld gewen het met sy roman Ek wens, ek wens.

Die afgelope week vra ’n joernalis hom oor die storm wat losgebars het oor die feit dat slegs wit (meestal manlike) skrywers benoem is vir die prys wat hy uiteindelik gewen het.

Wat is sy kommentaar hierop, wil die nuuskierige onderhoudvoerder weet.

Waarop Slim Zirk kripties antwoord: “Ek het gesien, ja.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.