Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Vlak 1 se taxi’s sal 150% vol kan wees

Nuwe normaal

Pollux sien saam met die res van die land uit na die oomblik wanneer Ramaconsult klaar met al sy “sosiale vennote” samesprekings gevoer het en besluit het of hy die land tot vlak 1 van die inperking gaan neem.

Pollux sou graag ’n vlieg teen die muur wou wees tydens die konsultasies met die taxibedryf. Taxibase het reeds daarin geslaag om die regering te dwing om hul voertuie tot 100% kapasiteit te laai.

Onder vlak 1 gaan hulle seker aandring om terug te keer na “normaal”, dit wil sê om taxi’s teen 150% van kapasiteit te laai.

Vredemaker

Andile Lungisa, wat die afgelope week oplaas uit die ANC geskors is, het nogal ’n dunk van homself. Lungisa is mos die skollie wat twee jaar gelede skuldig bevind is aan aanranding nadat hy in die raadsaal van die Nelson Mandela-metro ’n glasbeker stukkend geslaan het oor die kop van die DA-metroraadslid Rano Kayser.

Nou teem Andile dat hy graag die ANC-leiers in die Oos-Kaap wil ontmoet. “Ek kan nie aanvaar dat my ANC-lidmaatskap opgeskort is nie. Ek steek dan die spreekwoordelike olyftakkie na julle uit.”

Soos Pollux dit het, is dit nie Lungisa wat die olyftak moet uitsteek nie, want hy is die skurk in die verhaal. En as hy met iemand wil vrede maak, is dit sekerlik met Kayser, nie die ANC nie. Inteendeel, die ANC ondersteun hom reeds jare in sy kwaad.

Pollux weet wel Lungisa sien die glas deesdae half leeg.

Swart dag

Met die storm wat om die Clicks-base se kop losgebars het oor hul sjampoe-advertensie, wonder Pollux:

Gaan hulle vanjaar genoeg moed hê om enige Black Friday Specials aan te bied?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.