Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pollux: Zero persent gesonde verstand

Zero persent gesonde verstand

In ’n land waar alles snaaks is, is niks later meer snaaks nie.

Dis die eerste gedagte wat by Pollux opkom ná berigte dat Cele se platpote op die Spar in Turffontein toegeslaan het om bier met ’n alkoholinhoud van 0,03% te konfiskeer – en toe boonop op hul Twitter-rekening gekraai het oor die feit dat hulle die mense van die suide van Johannesburg van dronkenskap gered het.

Pollux wys graag die manne in blou daarop dat jy ongeveer 400 van hierdie biere – waarskynlik die Spar in Turffontein se hele voorraad! – sal moet drink voordat jy só dronk is dat jy nie kan bestuur nie.

Die gevaar dat jy gaan bars is dus baie groter as dat jy geswaai gaan word.

Toet-en-groet

Pollux is geruime jaar reeds deel van die demografiese sektor waarop begrafnisondernemers hul besigheid bou.

Dis seker waarom hy sy ore gespits het toe een van Soweto se grootste lykbesorgers, Nkateko Mabindisa, die afgelope week verduidelik hoe begrafnisse in die tyd van Covid-19 sal werk – veral omdat ’n nagwaak by die huis van die oorledene voortaan verboten is.

Sy verduidelik eers dat die ontslapenes dit voorheen verkies het “om by die huis te slaap” voor die groot dag, maar synde dat nig Nkosazana dit nie meer toelaat nie, is die beste waarvoor die oorledene kan hoop, ’n vinnige drive past – ’n soort van toet-en-groet – maar op voorwaarde “dat die oorledene nie uit sy kis mag kom nie”.

Sjoe, wat ’n verligting. Met al hierdie siektes wat deesdae die ronde doen, verkies Pollux ook om in sy kis te bly lê, eerder as om uit te klim.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.