Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
President moet sokkies optrek

Jou swak rapport bly jou altyd by. Dis moeilikheid.

Boonop pla jou maats jou, want hulle wil hul rapporte vergelyk. Maar wat is daar te vergelyk as juffrou se kommentaar boekdele spreek: “Xxx sal sy sokkies moet optrek as hy volgende jaar wil slaag!”

Christo Van der Rheede

Dit maal deur jou kop en jy diep allerlei absurde verskonings op: Watter sokkies? Jy loop dan elke dag kaalvoet skool toe!

Dit help nie, want wat tuis op jou wag, bly spook!

Maar hoe lyk ons president se rapport? Hoe het hy die afgelope jaar gevaar? Of is sy vordering nie na wens nie?

Cyril Ramaphosa se groot taak die afgelope jaar was om die staat terug te wen deur beheer te neem oor sleutelinstellings verantwoordelik vir wet en orde. Dit sluit in die nasionale vervolgingsgesag en die Valke. Verder help die getuienis wat tydens die Zondo-kommissie geopenbaar word om die skuldiges weldra vas te trek. Oudpres. Jacob Zuma, die ANC se sekretaris-generaal, Ace Maga­shule, en ander sleutelfigure is almal in die visier. Hef aan lê voor!

Maar kom ons gee hom 60%.

Hopelik sal daar binnekort inhegtenisnemings van senior ANC-leiers wees. Dit sal ’n aanduiding wees dat die president ernstig is om korrupsie uit te roei. ’n Strategie om korrupsie uit te roei moet egter hand aan hand gaan met ’n strategie om ekonomiese groei aan te wakker en ’n gunstige omgewing vir buitelandse en binnelandse beleggers te skep.

Goeie aanstellings is gemaak in sleutelposte verantwoordelik vir ekonomiese groei. Dit sluit in die Openbare Beleggingskorporasie, die Ontwikkelingsbank, die tesourie, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS). Verder meen instellings soos die Deutsche Bank en ander finansiële instellings dat Suid-Afrika ontpop as ’n aantreklike bestemming vir direkte buitelandse beleggings.

Hier verdien die president 50%.

Van die ministers doen ook ingrypende stappe, soos om rade en uitvoerende hoofde af te dank wat nie hul werk reg doen nie. Soos by Prasa.

Met ’n gemiddeld van 45% maak die president dit net-net. Hy sal sy sokkies moet optrek, of daar is moeilikheid!

’n Geïntegreerde energieplan is op die tafel, asook ’n plan om die waterkrisis in die land te beredder. Wat dié planne betref, rus daar ’n groot verantwoordelikheid op die publiek om die leemtes uit te wys en hande te vat om dit reg te stel.

40% vir eers!

Ook by Eskom is ’n nuwe hoof aangestel. Hier het die sweer van swak bestuur en grootskaalse korrupsie uiteindelik oopgebars met fase 6-beurtkrag wat ingestel is.

Jan Oberholzer, bestuurshoof, se openhartige onderhoud onlangs in Rapport dui op ’n totale oorname van staatsondernemings deur gewetenlose mense wat net een doel voor oë het – om ’n disfunksionele omgewing te skep waarin hulle hulself ten koste van die land en sy mense kan verryk.

Sedert die totstandkoming van ons demokratiese bestel 25 jaar gelede, het korrupsie en swak bestuur ons land duur te staan gekom. Dit sluit in staatskaping van R500 miljard, delging van die wapenskandaal se koste van R70 miljard, die Inkomstediens se inkomstetekort van R27,4 miljard in 2019, die staat se bydrae van R40,5 miljard die afgelope tien jaar om die SAL in die lug te hou, Eskom se skuld van R450 miljard en miljarde rande wat op munisipale vlak verlore gegaan het.

En nog is daar geen einde nie. Verdere berekeninge deur die Reserwebank toon dat die ekonomie R348 miljoen weens fase 1- en R753 miljoen weens fase 4-beurtkrag in nominale BBP per dag verloor.

Swak, Piketberg: 30%.

Met ’n gemiddeld van 45% maak die president dit net-net. Hy sal sy sokkies moet optrek, of daar is moeilikheid!

Meer oor:  Prestasie  |  Standpunt  |  President
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.