Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
R20 000! Nommer Een s’n vat die koek
Blou Willem

Wat sit ’n mens alles in ’n koek wat R20 000 (ja, glo dit as jy wil, twintigduisend rand!) gekos het?

Dit is die groot vraag wat by my spook toe ek hoor van die verjaardagkoek wat Boosiesa se mense in 2015 vir die vorige Nommer Een vir sy verjaardag gebak het.

Dié afgrizzilike bedrag vir ’n enkele koek was blykbaar so hoog omdat hy (of is dit dalk eerder sy?) in ’n naweek spesiaal ontwerp en gebak moes word. Seker deur ’n argitek en ’n konstruksiemaatskappy.

Dit laat ’n mens se kop draai om te wonder hoe groot ’n R20 000-koek moet wees.

Daar moes minstens vier skamel geklede Kwaaizoeloe-Naaktalse dames uit die koek kon spring met die kreet “Halala Ngosuka Loku­zalwa”, oftewel “Hêppie birthday, Namma One!”, terwyl hulle hom omsingel en toegooi met rolle Kroekta-note.

In die gevleuelde woorde van Marie Antoi­nette doer in 1789: “Quils mangent de la brioche” (Laat hulle koek eet).

Nee kyk, daai vat nou die koek!

Nee kyk, daai vat nou die koek!

Aan die ander kant is ’n R20 000-koek seker peanuts as jy ’n paar dae vroeër gelees het van die voormalige waarnemende, tydelike hoof van Prasa wat van bedrog beskuldig word nadat 42 km spoorlyn tussen Maclear en Sterkstroom voete gekry het. Of liewers net spoorloos verdwyn het.

Mense, hoe steel jy 42 km se spoorstawe sonder dat iemand jou sien?

Hier’s nog ’n koek om te vat en mee weg te ry.

En in dieselfde week nog ’n absolute afgrizzilikheid om te hoor van die SAPD se vuurwapen-kaperjolle.

In die Oos-Slaap slaag die platpote daarin om 3,2 miljoen patrone in een enkele boekjaar te laat verdwyn, in Moordwes 2,2 miljoen in ’n soortgelyke tydperk, en 505 polisievuurwapens verdwyn spoorloos saam met die spore.

En dan nog die afgrizzilikheid dat 41% van Gauteng se polisielede hul jaarlikse skiettoets gedruip het.

En dan nog die afgrizzilikheid dat 41% van Gauteng se polisielede hul jaarlikse skiettoets gedruip het.

Oom Johnny reken hierdie laaste syfer verklaar dalk die verdwyning van die Oos-Slaap en Moordwes se ammunisie.

Dis waarskynlik Gauteng toe gestuur sodat laasgenoemde hul teikens kan haal (of liewer tref), want dis moeilik om ’n vuurwapentoets sonder ’n patroon te slaag.

My ou groot maat Kobus is vandag ’n mooi volronde 80 jaartjies oud.

Baie ouens word deesdae 80, maar nie baie wat soos my proffie-pel elke dag net die lekker in die lewe sien, nog voluit werk en die wêreld vol reis om ander slim ouens te gaan leer nie.

My eie kennis van die wetenskappe eindig by my E-simbool in matriek (H2O is water en C2O koue water of so iets), en daarom is dit vir my belangrik om slim vriende te kan hê.

My ou maat, jy het nou wel nie vandag ’n R20 000-koek nie (hoop ek), maar jy het iets wat Namma One nooit kan droom om te hê nie, naamlik my en almal wat jou ken se respek.

Meer oor:  Blou Willem  |  Jacob Zuma  |  Skiettoets  |  Polisielede  |  Duur Koek  |  Koek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.