Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ramadaan is ’n tydperk van belangrike etiese vereistes

Ramadaan is die negende maand van die Islamitiese jaar wat op die maankalender gegrond is. Moesliem-mense staan so 60 tot 90 minute voor sonop op om voor te berei vir die dag, ontbyt te eet en te bid.

Moesliems bly gedurende die vasdag sonder kos, vloeistof en seks. Ons breek vas teen sonsak, wat tans ongeveer 18:30 in die Kaap is. Moesliems is veronderstel om vyf keer per dag te bid en gedurende die maand van Ramadaan ekstra gebede gedurende die aand aan te bied.

Die reëlings vir die vas moes aangepas word om aan te sluit by vereistes vir sosiale afstand weens die Covid-19-pandemie. Die maand is bedoel as ’n tydperk van vernuwing van geloof, selfbeheersing en deursettingsvermoë. Om sonder kos te gaan is bedoel om ’n gevoel aan te kweek vir die toestand van armes en behoeftiges.

Moesliems glo dat die Koran, die Moesliems se heilige boek, in hierdie maand aan die mensdom onthul is met die eerste opdrag om te lees, te verstaan en die wette van God te implementeer.

Ons word aangemoedig om gedurende die maand aan liefdadigheid te gee, en inderdaad sien ons gedurende hierdie maand groot bedrae geld wat aan welsyn bestee word.

Die Ramadaan-maand, ook in die Kaap bekend as die Bahasa-Indonesiese woord “pwaasa”, is ’n oefenperiode vir die aanleer van waardes van barmhartigheid, vrygewigheid en vergifnis.

Die persoon se aanbiddingshandelinge is bedoel om in hom of haar sosiale verantwoordelikheid en voorbeeldige optrede aan te wakker.

Ons word aangemoedig om gedurende die maand aan liefdadigheid te gee, en inderdaad sien ons gedurende hierdie maand groot bedrae geld wat aan welsyn bestee word.

Dit is ook ’n maand van familie- en gemeenskapsbou. Moesliems word aangemoedig om bande met familie, vriende en bure te versterk. Deel en omgee berus op liefde en vriendelikheid. Om kos te deel is dikwels een konkrete manier om goeie verhoudings op te bou.

Die maand van Ramadaan is ook ’n tydperk van bewusmaking wat gebaseer is op die kernideale van regverdigheid, waardigheid en geregtigheid. Moesliems word gedurende hierdie maand aangemoedig om na te dink oor die groter doeleindes van hul lewe.

Die verbetering van sosiale toestande is ’n belangrike etiese vereiste.

Daarbenewens is een van die belangrikste doelwitte vir Moesliems om in harmonie met mense van ander gelowe te leef, koalisies te bou om die gemeenskap te bevorder, onreg teë te staan en lewensvatbare alternatiewe in gemeenskappe te vestig.

Groot sake word ook deur refleksie en aanpassing gedurende die maand aan die lig gebring, soos die behoefte aan volhoubaarheid van die planeet, om produktief om te gaan met wetenskap en navorsing, en die bevordering van die verantwoordelike gebruik van digitale tegnologie.

Die Moesliem-groet aan die begin van die maand is “Ramadaan Kariem” – dis ’n wens vir ’n ruim, waardige Ramadaan-maand.

  • Prof. Fataar is verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se fakulteit onderwys.
Meer oor:  Aslam Fataar  |  Bid  |  Vereistes  |  Vas  |  Ramadaan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.