Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Red SA met een plaas en skool op ’n slag
Charles Smith
Charles Smith

Bid vir ons boere. Elke dag. Maar as daar een groep boere is vir wie jy veral vanjaar moet bid, is dit ons leierboere. Want hulle het ’n onmoontlike taak.

Ek dink my al die hele week in die skoene in van Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, waarvan ek ’n lid is. Hy moes gister op die eerste streekvergadering vir die boere gaan sê die regering gaan vanjaar plase afvat sonder vergoeding.

Ek ken boere. Die eerste vraag sou wees: Wat gaan die georganiseerde landbou doen om ons plase te beskerm teen magshonger, skatryk ANC-kamerade wat plase gaan afvat vir hulsef en hul cronies?

Die antwoord is kort en kragtig: Die georga-niseerde landbou het alles gedoen om met die regering te praat. Baie is bereik en baie vennoot-skappe is gebou. Die ANC is deur sy eie gulsig-heid, korrupsie en vrot regering in ’n hoek gedryf om die hondsdol leeu van grondgrype los te laat om homself te red.

Niemand gaan Ace en kie oortuig die Mugabe-model gaan die land vernietig nie. Geen organisasie kan dit meer doen nie. Net een mens kan hulle stop. Dit is jy. Wat gaan jy doen as die eerste plaas onteien word? En daarna die eerste gebou, fabriek, myn, oord, vliegtuig, vrag-motor en huis?

Ek is vir die oordrag van grond, bygesê. Op veel groter skaal as wat die ANC dit wil afvat. Net meer georden sonder dat dit die ekonomie laat inplof.

En ek is vir die oordrag van grond, bygesê. Op veel groter skaal as wat die ANC dit wil afvat. Net meer georden sonder dat dit die ekonomie laat inplof.

Een mens doen reeds sy deel om die Zim-scenario te keer wat die ANC reeds in die Vrystaat geskep het met dorpe wat ineenstort.

En dit is ’n boer. Johan Claasen, ’n boer van Petrus Steyn, het sowat R300 000 uit sy eie sak betaal om ’n opgaardam te bou en krane in die Mamafubedu-gemeenskap op te rig sodat die inwoners ná bykans vyf jaar weer lopende water kan hê. Dié mense is deur die ANC verraai.

As pres. Cyril Ramaphosa net besef dat boere deel van die antwoord is en nie die teiken nie. Slegs ’n reuse-grondprogram waar kommersiële boere (baie is swart) hul nuweling-broers help om volhoubaar te boer op grond wat deur ’n internasionale fonds aangekoop is, kan ons weg van die Zim-model stuur.

Nadat ek deur Bloem se slaggate stuur en beurtkrag moes trotseer, kry ek ’n boodskap van Kobus Venter van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein se beheerraad. Dit is ’n brief van dank deur E.Z. Rabela, hoof van die Tegniese Skool Hodisa in die township, aan JF se personeel en ouers wat hulp verleen het in die eksamens én dat Hodisa se leerlinge, wat op die skoolterrein gekampeer het, kos gegee is.

Dit het gehelp dat Hodisa se slaagsyfer van 67% in 2018 tot 90,5% in 2019 se eindeksamen gestyg het. Hodisa sien uit dat die vennootskap in 2020 voortgesit word, sê Rabela.

En daar is baie sulke stories van hoop.

Dit is hoe ons die land moet red. Een skool en een plaas op ’n slag.

Meer oor:  Charles Smith  |  Landbou  |  Grondoordrag  |  Red  |  Skool  |  Boere  |  Plaas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.